Weg! Ry & Sleep

Dié Jazz sing ’n ander deuntjie

Wanneer ’n klomp veldrygees­driftiges bymekaarko­m, sien jy gewoonlik alle soorte sportnutse, bakkies en selfs pypkarre. Niemand verwag egter ’n Honda Jazz gaan saamgesels in 4x4-kringe nie.

-

Die Honda Jazz is een van die duurder klein luikrugmot­ors wat plaaslik verkoop word en dit is ’n sinvolle ryding om die kinders by die skool te gaan haal en oor die naweek inkopies te doen. Jy koop egter nié ’n Jazz om die boendoes in te vaar nie… tensy jou naam Jefferson Palma van Kalifornië in Amerika is. Jeff het sy 2015-model Jazz (wat in ander dele van die wêreld as ’n Fit bekend staan) aan die einde van 2017 tweedehand­s gekoop. Hy wou die karretjie ’n bietjie warmer maak en het klein kosmetiese veranderin­ge aangebring om die Jazz meer vaartbelyn te laat lyk. Hy was egter in ’n klein ongeluk betrokke en moes ’n paar panele vervang. Daarna het hy namarkse produkte aangebring om die kar se bande met hulle allooivell­ings knus in die wielboë te laat pas, en kort voor lank ’n fiets en dakrak laat aanbring én besluit dit sal ’n goeie idee wees om die vering te lig. Hy het ook ’n stel veelterrei­nbande laat aanbring, en vir die oomblik was Jeff geholpe vir sy kamp- en bergfietsu­itstappies. Maar die veldrygogg­a het gebyt, en kort voor lank het hy sy eie onderdele en toevoeging­s begin vervaardig om die Jazz op te dollie. Hy het ook onderdele van ander vervaardig­ers gebruik wat op die Honda pas, soos die snorkel wat hy van ’n Toyota Tacoma gekry het. Hoe rowwer die terrein geword het, hoe beter het sy bande geraak. Hy spog nou met 31”-modderband­e. Interessan­t genoeg is Jeff se Jazz, soos enige model in die reeks, net ’n voorwielaa­ngedrewe voertuig, maar dit lyk of hy nie sukkel in sand, modder óf sneeu nie. Dit is danksy die kar se lae massa en die groot voetspoor van die bande. Hy is nog nie klaar met sy modifikasi­es nie: Jeff het onlangs die dakrak vir ’n ander soort verruil én hy het sy eie glyplanke gemaak vir wanneer die rotse te groot raak. Die 1,5ℓ-VTEC-enjin sorg gewoonlik vir billike brandstofv­erbruik, maar nie in Jeff se geval nie. As gevolg van al die modifikasi­es kry hy maar tussen 10-15ℓ/100km, afhangend van bestuursto­estande. Jeff het tot dusver die paaie van Amerika platgery en het tot so ver as Kanada en Mexiko gereis met sy Jazz. En daar is klaarblykl­ik geen keer aan hom nie, want sy mikpunt nou is om ’n miljoen myl – ’n volle 1,6miljoen kilometer – af te lê met die kar. Jeff deel al sy wedervarin­ge op sy YouTubekan­aal, Whatz Production.

 ??  ?? Het jy iewers in jou omswerwing­e ’n seldsame sleepsel of ryding gesien? Vertel ons daarvan en stuur vir ons ’n foto na rysleep@weg.co.za.
Het jy iewers in jou omswerwing­e ’n seldsame sleepsel of ryding gesien? Vertel ons daarvan en stuur vir ons ’n foto na rysleep@weg.co.za.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa