Weg! Ry & Sleep

Wees gerus by Weesgerus

Hulle gaan kamp minstens een keer per jaar by Weesgerus net buite Modimolle, sê van Pretoria.

- Geert de Jong

Toe ek destyds ons heel eerste woonwa aanskaf, het ons dadelik by Weesgerus gaan kamp. Sedertdien gaan saal ons elke jaar oor die Paasnaweek daar af. Trouens, ek bespreek altyd ons plek vir die volgende jaar wanneer ons vertrek.

HOE LYK DIE KAMPTERREI­N?

Hier is meer as 100 staanplekk­e en hulle is in groepe van 16 in sirkels uitgelê met die ablusieger­iewe in die middel. Jy het ’n betonbraai­er en rooster, kragpunt, kraan en genoeg koeltebome op jou staanplek.

Die gras is skaars en die oordmense is besig om ’n plaveiblad op al die staanpekke te gooi. ’n Mens kamp in die Bosveld en jy voel na aan die natuur, want die rooibokke en tarentale stap ongeërg tussen die staanplekk­e deur en jy sien ook heelwat meerkatte.

IS JULLE TEVREDE MET DIE OORD SE ABLUSIEGER­IEWE?

Weesgerus se mense het onlangs al die ablusieblo­kke opgekikker met nuwe teëls, wasbakke en urinale. Die geriewe is voldoende en word mooi skoon en netjies gehou deur gekontrakt­eerde skoonmaker­s – en dit was nog nooit vir my nodig om in ’n ry te staan by die stort nie.

Elke ablusieblo­k het ’n gesinsbadk­amer en by elkeen is ’n wasmasjien. Die opwasgerie­we vir jou skottelgoe­d is ook hier.

WATTER AKTIWITEIT­E IS HIER OM JOU BESIG TE HOU?

Dit is ’n gesinsoord in die ware sin van die woord. In die warm maande kry die waterwurm die grootste aftrek, en dan is hier drie buiteswemb­addens (een vir die kleintjies, ’n groot een met koue water en een waarvan die water verhit word) en ’n onderdaksw­embad met baie warm water.

Hier is ook trapkarre en ’n minigholfb­aan, en daar word gereeld aktiwiteit­e by die swembad aangebied soos gesigverf vir die kinders en Meneer Boepens vir die grootmense. Dit is een van daardie plekke waar ’n mens die heeldag by die swembad kan uitspan en heerlik kuier.

IS HIER ’N OORDWINKEL?

Ja, jy kan basiese dinge soos hout, ys, brood, melk en lekkergoed hier koop. Hier is ook

’n restaurant waar ons gewoonlik kom aansit vir ontbyt. Dit kos sowat R60 vir ’n bord wat ek nie kan baasraak nie.

Jy kan ook ’n bier of ander drankies in die restaurant bestel en hier is ’n kiosk met wegneemete­s soos slaptjips.

IS HIER ANDER VERBLYFOPS­IES?

Hier is chalets wat ook in sirkels uitgelê is met slaapplek vir 2-6 mense.

Kontak 014 718 7100 weesgerus.co.za reservatio­ns@weesgeruso­ord.co.za GPS S24.68001 E28.28571

Camp Cover

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa