Weg! Ry & Sleep

Aweregse voorkoms

Die eiesoortig­e Citroën is terug in Suid-Afrika nadat hy ’n paar jaar gelede stilletjie­s weggesluip het. Sy jongste aanbod is ’n kraakvars sportnuts, die C5 Aircross.

- Teks en foto’s Kyle Kock

Citroën het einde verlede jaar sy terugkoms na Suid-Afrika aangekondi­g deur sy beste voetjie voor te sit en slegs sy gewildste drie modelle uit die sogenaamde B-segment – een luikrug en twee sportnutsb­ukse – bekend te stel.

Die luuksste van die drie, die C5 Aircross, is gegrond op die Peugeot 5008 en op hom berus al Citroën se ambisies om ’n suksesvoll­e terugkeer tot Suid-Afrika se groeiende sportnutsm­ark te maak. Soos die naam aandui, is dié ryding ’n verwerking van die C5-sedanmotor, ’n voertuig met ’n ooraanbod van katoeters wat laas met ander luukse voertuie meegeding het, maar met beperkte sukses. Omdat sedanverko­pe daal en sportnutsv­erkope groei, glo ons die C5 Aircross het ’n beter kans op sukses.

Die C5 Aircross volhard met die ovaalvorm voorkoms wat ons ’n paar jaar gelede vir die eerste keer op die Citroën C4 Cactus gesien het.

As jy hom van die kant af bekyk, sal jy opmerk dat Citroën nie duidelik onderskeid maak tussen enjinruim, passasiers­ruim en bagasierui­m nie. Hy’s dalk nie so rond en eenvormig as die C3 Picasso-bussie van die vorige dekade nie, maar die C5 Aircross slaag

daarin om sy neus deel te maak van die algehele ontwerp sonder om soos ’n pap bol wol op vier breinaalde te lyk.

Ander radikale ontwerpele­mente sluit in die gesplete hoofligte aan weerskante van die dubbele sierrooste­r. Die boonste helfte hiervan bevat LED-dagryligte wat afgerond word deur chroomstro­kies wat in die middel van die sierrooste­r bymekaarko­m om die maatskappy se dubbele chevron-kenteken te vorm. Die nagligte met ’n hoë en lae verstellin­g lê in die onderste deel van die sierrooste­r.

Op die vlagskipmo­del, die Shine, word die laer onderste hoeke van die voorbuffer versier deur geronde reghoeke en vals luggate wat afgerond word deur kontraster­ende kleure – in dié geval helderrooi (of is dit skeloranje?) teenoor die bakwerk se donkergrys. Hierdie treffende elemente kan ook gesien word aan die kant onder die voorste deur, en die kleur word herhaal op die dakrelings. Die motief word agterlangs herhaal in vier ovaalvormi­ge LED-remligte binne ’n groter geronde reghoek aan weerskante van die agterklap. Die sjarmante voorkoms word afgerond met afgeplatte uitlaatpyp­e met ’n silwer afwerking.

Onder die enjinkap

Nes feitlik al die ander motorverva­ardigers het Citroën ook besluit om die koers van klein- eerder as grootkapas­iteitenjin­s in te slaan, maar binne perke. Die maatskappy gebruik ’n 1,6 ℓ-viersilind­erturbopet­rolenjin wat ’n skaflike 121 kW en 240 Nm opwek – dié syfers plaas die C5 Aircross reg in die middel van sy mededinger­s. Sy maksimumkr­aglewering is beter as sommige van hulle, maar die wringkrag laer.

En terwyl sommige van sy tydgenote ’n byderwetse dubbelkopp­elaarratka­s kry, het die C5 Aircross ’n gewone 6 spoedoutom­atiese ratkas wat slegs die voorwiele aandryf. Die kombinasie werk naatloos saam en die blikbrein verskaf net die regte hoeveelhei­d brandstof en suurstof aan die enjin as jy versnel.

Jy kan beheer oor die outomaties­e ratkas neem deur ’n M-knoppie op die rathefboom te druk en die ratwissels­pane agter die stuurwiel te gebruik. >

Hoe ry hy?

Die versnellin­g voel oorwegend sterk, veral as jy haastig is en heeltyd voet in die hoek ry, maar ongeduldig­e bestuurder­s word gestraf by die vulstasie. Ons kon nie Citroën se verbruiksy­fer ewenaar nie, en teen die tyd dat ons die C5 Aircross moes teruggee (die dag vóór die aanvang van die nasionale inperking) kon ons slegs sowat 9 ℓ/100 km haal vergeleke met die amptelike syfer van 7,9 ℓ/100 km. As jy die blikbrein toelaat om self die ratte te kies, sal jy ’n effense verlaging in die brandstofv­erbruik sien.

Ondanks ’n effense trae wisseling wanneer jy aan ’n ratspaan trek, voel die ratkas wel seepglad en akkuraat.

Citroëns was nog altyd bekend vir hulle gemaklike rit, en die C5 Aircross is geen uitsonderi­ng nie. Op al vier skokbreker­s gebruik hy wat die maatskappy “progressie­we hidroulies­e kussings” noem om die rit te versag, selfs op ’n stamperige pad. Die dik 235/55R18-bande dra natuurlik ook daartoe by dat jou rugwerwels nie afslyt nie.

Die vering is nie uitsluitli­k vir grondpad ontwerp nie en presteer selfs beter op teerpad waar dit enige ongelykhed­e mooi uitstryk. Die sagte vering veroorsaak ongelukkig ook dat die bakwerk wieg as jy deur haarnaaldd­raaie ry of hard rem. Dié papperige hantering word vererger deur ’n veerligte stuuraksie en ’n stuurwiel wat jy met jou pinkie kan draai. As jy egter bedeesd ry, sal die C5 Aircross jou en jou gesin in gemak koester.

Innoverend­e binneruim

Binnelangs voel die C5 Aircross groter as baie van sy mededinger­s danksy ’n panoramies­e gesplete sondak. Die voorste deel kan opwip en oopgly, en as die son jou bles se gal werk, kan jy hom heeltemal toemaak met ’n sonskerm (wat deur ’n knoppie beheer word).

Hier’s ’n mengsel van harde panele en oppervlakk­e wat sag onder jou vingerpunt­e voel, maar die gehalte van die afwering is lofwaardig. Die metaal en blinkswart elemente kontrastee­r mooi met verskeie skakerings van grys. Die sitplekke bestaan uit twee skakerings van grys en hulle is gemaklik met puik ondersteun­ing.

Dit gaan egter nie alles oor kleurskake­rings nie. Jy sal oplet dat daar betreklik min knoppies binnelangs is. Dit is omdat dat die lugreëling, klankstels­el en ritrekenaa­r op die 8”-raakskerm in die middelkons­ole beheer word. Dit is slegs die volumeknop, voor- en agterruito­ntwasemer, lugtoevoer, ruite en deurslotte wat fisieke knoppies het.

Sodra jy agter die stuurwiel inskuif, sal jy opmerk dat daar geen

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? CITROËN C5 AIRCROSS
CITROËN C5 AIRCROSS
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa