Weg! Ry & Sleep

AL WAS EK SAAM MET PA

-

Ek en my vrou, Ria, geniet dit om in die buitelewe te reis, maar sy moet altyd suurstof by haar hê en daarom moes ek ’n plan beraam om ons avontuurlu­s te bevredig.

Ek ry ’n BMW 3-reeks (E46) met ’n Lexus V8-enjin. Hy laat die koppe draai, maar is nie regtig ’n reisvoertu­ig nie. Ons is albei in die sestig, maar nog lank nie klaar gereis nie en moes iets kry waarin ons Suid-Afrika kan platry.

Ek het in 2016 ’n jaar oue Volkswagen Caddy Maxi 2,0 ℓ-TDI met 116 000 km op die klok gekoop vir R180 000. Daardie kilometers is heel standaard vir dié soort paneelwa. Daarna het ek die volgende klompie maande gebruik om die Caddy vir Ria in te rig.

Die kar is toegerus met alles wat ons nodig het op ons reise, waaronder ’n rolstoeldr­arak agterlangs wanneer ons plaaslik rondry of by nabygeleë familie gaan kuier. Ek het ook ’n Eezi-Awn-stoeptent aangebring én ’n dakrak waarop ek ’n opvoutafel en -stoele en ons sonpaneel laai wanneer ons in die pad val.

Binnelangs het ek ’n bed ingesit. Dié is net-net kleiner as ’n dubbelbed en Ria kan gemaklik daar rus wanneer sy nie lekker voel nie. Ek het ook ’n trukamera aangebring sodat ek maklik kan terugstoot,

Het jy iewers in jou omswerwing­e ’n seldsame sleepsel of ryding gesien? Vertel ons daarvan en stuur vir ons ’n foto na rysleep@weg.co.za. én ek het ’n platskermt­elevisie geïnstalle­er om vir vermaak te sorg wanneer die weer nie saamspeel nie. Daar’s selfs ’n Xbox-speletjies­konsole.

Ek is baie in my noppies met die suinige turbodiese­lenjin. Ek kan in die omgewing van 700 km ry met ’n enkele tenk. Dit kom neer op ’n brandstofv­erbruik van net meer as 7 ℓ/100 km. Ek het al heelwat voertuie besit en weer verkoop, maar Ria het met skeisake gedreig as ek ooit die Caddy van die hand sit.

Ons was veronderst­el om nou in die Kaap te wees, maar weens die inperking moes ons by die huis bly. Ons sal hopelik gou weer in die Wes-Kaap gaan draai, want ons is gaande oor plekke soos Mosselbaai in die Tuinroete en Langebaan in die Weskus.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa