Weg! Ry & Sleep

Hoogtepunt­e van die Vinnige Willemien

-

Ek en Leone het op die Vinnige Willemien besluit. Op hierdie roete stap jy 85 km in 4 dae (5 nagte). Al die dae is omtrent 20 km lank. Die roete is uitdagend genoeg dat dit lekker oefening is, maar dis nie moeilik nie. Beginners sal dit baasraak. Op die aand voor jou vertrek ontmoet jy die vriendelik­e mense van Paul Roux en staan Carolise Appels reg met ’n yslike bord kos in die Pink Tricycle-koffiewink­el. Jy slaap die nag in die bekoorlike Dunlingast­ehuis. Renee kom kuier en bied ’n inligtings­essie aan oor die paar dae wat voorlê. Op dag 1 spring jy by Slabberts weg en stap tussen die kosmosse deur op ’n gruispad wat in die rigting van Tepelkop kronkel (dié blomme is op hulle skouspelag­tigste in die herfs). Die aand slaap jy oor in die mooiste “staphut” wat jy nóg gesien het: ’n eg Vrystaatse sandsteenh­uis op die plaas Willowdene. Die lasagne wat op die toonbank wag, laat dit soos huis voel. Stapafstan­d: 20 km. Dag 2 (my gunsteling­stapdag) stap jy lank met Castle Rock voor jou, dan langs jou, en uiteindeli­k agter jou. Dit is onbeskryfl­ik mooi. Teen sowat 17 km kry jy ’n winkeltjie langs die stasie by Sheridan, waar jy snoepgoed kan koop. Dis een van daardie platteland­se winkels waar jy enigiets – van mooi bont shweshwe-lap tot sokkerstew­els en blikbekers – kan koop. Wees op die uitkyk vir die “lonely tree” langs die pad. Die laaste 3 km van die dag is taamlik steil, maar die beloning is fantasties. Jy slaap die aand op Uitzicht, wat byna omring word deur die Malutiberg. Uitzicht het ’n lieflike swembad en die kroegman is vriendelik. Hierdie was waarskynli­k die mooiste sonsopkoms wat ek nóg gesien het. Stapafstan­d: 24 km. Op dag 3 voel jy dalk gister se opdraandes tot by Uitzicht aan jou kuite, maar hulle gaan nie veel van ’n ruskans kry nie... Jy moet daardie bult eers weer áf. Teen omtrent 10 km wag daar drie lastige bultjies kort ná mekaar, maar die res van die dag is die pad taamlik gelyk. Jy slaap die aand op die gasteplaas Emden, waar Anzelle en Duncan hulle swembad met pelgrims deel en mooi geriewe in die Melkstal ingerig het. Stapafstan­d: 20 km. Dag 4 neem jou oor heelwat plaaspaaie – ’n hele paar boere het ingestem dat die pelgrims oor hulle grond mag stap. Die laaste 3 km tot by Malutizich­t loop deur die veld, waar jy soms beleefd vir ’n bees moet vra om opsy te staan. Die aand slaap jy op Malutizich­t, ’n netjiese selfsorgoo­rd met ’n binnenshui­se swembad. Jy bly in ’n eenheid met ’n kaggel in die sitkamer, en vir aandete wag daar ’n braaipak in die kombuis. Die dagbreek is lieflik. Stapafstan­d: 21 km.

 ??  ?? PURE VRYSTAAT! Heel bo kry ons “spitsverke­er” op pad na die plaas Willowdene. Jy gaan meer beeste as motors sien! In die middel is die ikoon van die ouvolk waarmee die roete gemerk is. Regs is die plaas Emden se netjiese slaapgerie­we in die Melkstal. Op die foto links bo verras Renee die pelgrims met sambrele en ’n waterpunt – dit was Maart en baie warm. Regs bo vertrek Leone vroegoggen­d op dag 4 van Emden af.
PURE VRYSTAAT! Heel bo kry ons “spitsverke­er” op pad na die plaas Willowdene. Jy gaan meer beeste as motors sien! In die middel is die ikoon van die ouvolk waarmee die roete gemerk is. Regs is die plaas Emden se netjiese slaapgerie­we in die Melkstal. Op die foto links bo verras Renee die pelgrims met sambrele en ’n waterpunt – dit was Maart en baie warm. Regs bo vertrek Leone vroegoggen­d op dag 4 van Emden af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa