Weg! Ry & Sleep

NATIONAL LUNA se 5Amp-INTELLIGEN­TE BATTERYLAA­IER

-

Huawei P9 Lite nie voorspel hoe jou foto uiteindeli­k gaan lyk nie. Ek het toevallig ook net een raampie geneem.”

Al klink Dirk se foto dalk na ’n gelukskoot, het daar ook heelwat dinkwerk ingegaan – Dirk vertel hy het dié soort foto al voorheen probeer neem en was dus ’n bietjie meer gekonfyt met hierdie probeersla­g.

Maar natuurlik het Dirk geen waarborg van wat hy in daardie fraksie van ’n sekonde gaan afneem nie. Dit is hier waar geluk wel ’n rol gespeel het.

’n Mens kan die middelpunt van die foto nie miskyk nie – dit is waar die klip die water tref. Omdat daar byna geen detail rondom dié punt is nie maar bloot egalige ligskakeri­ngs, is dit ’n goeie voorbeeld van komposisie wat werk met die middelpunt as fokuspunt.

Die energie van die foto lê in die water wat opspat. Omdat die son reg in lyn agter die vlieënde druppels lê, vorm interessan­te patrone in die dun watergordy­n.

Nog twee verdere elemente op die foto maak dit ’n oomblik wat uitstaan. Die bokant van die water wat spat, laat ’n mens dink aan ’n hand wat na die son reik – van die druppels trek selfs links verby die son. Dit “verbind” dus die son – die volgende sterk fokuspunt – met die middel.

Volgende, en sonder dat

’n mens dit aanvanklik agterkom, is daar die leë voorgrond wat byna die helfte van die foto se oppervlak beslaan. Die weerkaatsi­ng van die agtergrond in die water wys slegs die dele tot en met die horisontal­e vlak waar die water spat. Kyk hoe verskil die kleur van hier af ondertoe: Dit lyk blouer en daar is waarskynli­k ’n oop blou hemel bo Dirk wat nie bo die horison sigbaar is nie.

Dit lyk selfs of daar links ’n stuk van ’n wolk wegkruip.

Huawei P30

dele eerste, is die beskeie windpomp wat links bo die bome uitsteek, die anker van die foto. Dit is omdat dit so herkenbaar is en ’n skrille kontras met die natuur vorm. In dié soort ligomstand­ighede neig die donker dele na swart, maar in hierdie geval kan ’n mens nog genoeg detail tussen die bome uitmaak wat bydra tot die geheel. Die onderste derde van die foto is net ’n oop stuk wat ’n mens kan afsny om die foto selfs nóg sterkter te maak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa