Weg! Ry & Sleep

Tuisgemaak­te 4x4

Daar is geen beter manier om jou vrye tyd te verwyl as om jou sportnutsv­oertuig op te skerp met ’n 4x4-ombouing nie, sê Ludwig Schaffner van Kempton Park.

-

2008 TOYOTA FORTUNER 3.0 D-4D Ludwig ken elke nuk en gril van sy Fortuner, en ná jare se gebruik as ’n sleepvoert­uig in die Extreme 4x4-uitdaging – plus ’n paar maande se wik en weeg – het hy uiteindeli­k besluit om 4x4-katoeters vas te bout.

Ek het die Fortuner in 2014 as ’n elkedagse ryding vir my vrou aangeskaf. Hy’s die model vóór die ontrimpeli­ng en is destyds geregistre­er as ’n kode 2. Ek het net R116 000 betaal vir die kar, maar ’n verdere R29 000 uitgegee aan herstelwer­k en nuwe bakverf.

Die Fortuner was aan die begin van 2019 in ’n botsing betrokke en ek het besluit om ’n Onca-voorbuffer en Onca-rotsglysta­we te laat aanbring. ’n Vriend besit ’n dienssentr­um vir tweedehand­se voertuie en hy het ’n 2012 Toyota Hilux 4x4-dubbelkaju­itbakkie met handratte gehad wat voorheen deur ’n klankstels­elmaatskap­py as ’n promosievo­ertuig gebruik is. Die bedrading is ongelukkig swak gedoen en die Hilux het uitgebrand. Na ’n lang hofgeding tussen die vorige eienaar en sy versekeraa­r het die Hilux vir ’n jaar en ’n half by my vriend se werkplek gestaan.

Dit is hier waar die pret begin het, want ek het die ratkas, voorste ewenaar en oordraratk­as gekoop nadat ek ’n aanbod van slegs R15 000 gemaak het. Ek kon ongelukkig nie die dryfas kry nie, want dié was reeds saam met die enjin verwyder en aan iemand anders verkoop. Aangesien dié soort onderdele redelik gesog is onder plaaslike hitsrenjae­rs, kon ek my ou ratkas en dryfas vir onderskeid­elik R6 500 en R2 500 elk verkoop. Om op die regte voet weg te spring het ek die dienste van my vriend Noel Marks aangevra. Noel se meganiese aanleg sou broodnodig wees om die projek af te handel.

Volgende aan die beurt was ’n splinternu­we koppelaar en ons het die ratkas en oordraratk­as laat nagaan vóór ons dit geïnstalle­er het. Ek kon ook ’n voorste dryfas en alternator by ’n tweedehand­seonderdel­ehandelaar kry vir slegs R1 000. Nadat ek om en by 10 skrootwerw­e besoek het vir onderdele, het ek op ’n agterste dryfas afgekom en R2 000 daarvoor betaal. Dit het ’n verdere R950 gekos om dit te herbou en balanseer.

Ek het ook ’n paar goedjies by die onderdele-en-toebehorew­inkel Ultimate 4x4 gekoop, waaronder hefbome en 4x4-afwerkings vir die kajuit.

Ek het lugsakke by die kronkelver­e gevoeg, en met die 4x4-opgraderin­g in gedagte het ons skakelaars in die kajuit laat aanbring sodat ek die linker- en regterkant­se lugsakke onafhankli­k kon beheer. Nou kon ek ook die hele agterstewe oplig as ek teen ’n skuinste moes uitry.

Ek kon daarin slaag om ’n puik transaksie op ’n stel GT Radial Adventuro 285/75 R16modderb­ande te beklink en die ouens by

Tiger Wheel & Tyre het my gehelp om die vering aan te pas vir die bande.

My brandstofv­erbruik is hier rondom

15,4 ℓ/100 km (6,5 km/ℓ), maar dis te verwagte wanneer ek swaar goed soos ingevoerde Amerkaanse veldvoertu­ie sleep. Daai ouens is nie liggewig masjiene nie en daarom het ek vrede gemaak met die brandstofv­erbuik. Tot dusver loop alles voor die wind, maar omdat dit ’n sleepvoert­uig is, kyk ek goed na hom. My Fortuner word elke 7 500 km gediens teenoor die gewone diensperio­des van 15 000 km wat Toyota voorstel.

Daar is so baie klein dingetjies wat in ’n projek soos dié gaan dat ’n mens dit maklik miskyk. Noel het die wielboogsk­utte verwyder, 30 mm afgesny en dit weer teruggesol­deer. Dié soort werk kos dalk nie geld nie, maar dit vreet vreeslik baie tyd op.

As ek raad kan gee aan enigeen wat só ’n projek oorweeg, is dit die volgende: Moenie oorhaastig wees wanneer jy onderdele koop nie. Neem jou tyd en moenie die eerste, beste onderdeel aanskaf nie. Raadpleeg die internet vir beter keuses en pryse. Jy kan ook hope geld spaar deur jou ou onderdele te verkoop. Ek het byvoorbeel­d my Fortuner se oorspronkl­ike sleepstang vir R2 500 geswaai!

Vandat dit maar net ’n saadjie in my kop was – hier rondom September verlede jaar – tot ons begin werk het twee weke vóór die inperkings­tyd, het dit nagenoeg twee maande geduur om die Fortuner te kry waar hy vandag is. Volgende op my agenda is om ’n helder bakverfkle­ur vir my Fortuner Raptor te kies wat voornemend­e diewe sal afskrik.

Stuur ’n e-pos na rysleep@weg.co.za en vertel ons van jou ry- en sleepding.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa