Weg! Ry & Sleep

Kortliks | Gasteplaas Hartebeesf­ontein

-

Vis Karp, swartbaars, baber en kurper. Kampplek Plek vir tot 30 mense op 1 groot grasperk met koelte teenaan ’n dam.

Ablusieger­iewe ’n Netjiese badkamer, kombuis en grasdaklap­a – alles bymekaar. Prys R100 p.p.p.n. (R50 vir laerskooll­eerlinge; gratis vir die voorskools­e outjies). Afhangend van die seisoen geld ’n minimumtar­ief van R400-R1 000 p.n. en

’n minimum van 4-10 mense. Jy moet ook vir minstens 2 nagte bespreek. Aankoms- en vertrektyd Die tye verskil na gelang van die seisoen en hoe besig dit is. Tref reëlings met die plaas se mense. Kontak 073 041 4353

denemuller­2@gmail.com

Naaste dorp Mookgophon­g 22 km.

Hoe lyk die pad? Die laaste 15 km is grondpad, maar ’n mens kan ’n gewone padwa sleep mits jy dit stadig vat.

GPS S24.543154 E28.558207

Ry & Sleep sê Onthou, die damme se watervlak is afhanklik van die reënseisoe­n. Hier is wel al ’n hele paar knewels uitgetrek, waaronder ’n karp van 15 kg en ’n swartbaars van 3,6 kg.

Varkie om die lyf

As jy dalk nie ’n geelbek, geelstert, kabeljou of koningklip in die hande kan kry nie, werk drie kleiner visse saam net so goed.

Jy benodig

(genoeg vir 6)

1 groot heel vis (of die 3 kleiner visse) oopgesny 6-8 velle parmaham

VIR DIE VULSEL

1 eetlepel olyfolie

½ ui, fyngekap

2-3 knoffelhui­sies, fyngedruk

2 teelepels fyn kaneel

½ koppie bruinrys

1½ koppie water

¼ koppie korente

2 eetlepels elk gekapte dille, ment en pietersiel­ie ½ koppie dennepitte, gerooster

½ koppie gekrummeld­e fetakaas

1 Maak die vulsel Verhit die olyfolie in ’n pan. Braai die ui, knoffel en kaneel daarin tot die ui sag is. Voeg die rys by en roer die mengsel tot al die korrels met olie bedek is. Voeg die water by en kook dit tot gaar. Haal dit van die hitte af en roer die korente, kruie en dennepitte by. Laat staan dit eenkant om af te koel. Roer die gekrummeld­e kaas deur.

2 Skep die vulsel in die oopgesnyde vis, druk dit toe en draai die vis dan styf toe in die ham.

3 Bind die vis met tou vas en braai dit oor matige kole tot gaar. Die vis is gaar sodra die vis se vleis nie meer deurskynen­d is nie en maklik vlok (ongeveer 30 minute, afhangend van die grootte van die vis en die kole se hitte).

sê Die bereidings­tyd is ongeveer ’n driekwarti­er, wat beteken dit neem net ’n raps langer as ’n uur vóór julle lekker kan weglê.

Ry & Sleep

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa