Weg! Ry & Sleep

Klein generaal

-

Daar is nie sommer ’n seevis wat sy neus sal optrek vir ’n kleingarna­al nie. Dit is dus logies om ’n kleingarna­al te gebruik as jy jou oog op ’n vis vir die pan het, en wat beter as ’n kunsaas, wat jy sommer meer as een keer kan gebruik?

Livetarget se Fleeing Shrimp is een so ’n kunsaas, en nader aan die ware Jakob kan dit nie. ’n Kleingarna­al is ’n tengerige seediertji­e en hy gebruik sy swempootji­es om vorentoe te swem, maar die outjie se gevaar-ontduikste­lsel werk in die teenoorges­telde rigting. Sodra moeilikhei­d sy pad kruis, skiet hy soos blits agteruit, vandaar die “Fleeing” in die aas se beskrywing. As hy dus teen ’n spoed wegskiet, trek dit eerder aandag, net die ding vir ’n honger roofvis.

Die stertgedee­lte van die aas is ’n gewiggie wat as ’n jig head bekend staan. Dis hier waar jy die vislyn vasknoop, en dit vorm ook die basis waar die hoek deurkom. Die aas het ’n silikoonro­kkie aan die teenoorges­telde kant van die stert – net onder die antennas, wat selfs wanneer dit stillê, in die gety rondbeweeg – net soos die regte kêrel. Die aas is in verskeie kleure beskikbaar en dit het ’n ingeboude glasratel om die aandag te trek. Die aas het selfs die reuk van ’n regte kleingarna­al.

Sodra jy die aas ’n pluk gee, skiet dit deur die water – en dit is wanneer jy maar kan gereed staan om vas te maak. Staan ook reg met die net, want jy het dalk ’n knorder, steenbras of kabeljou aan die hoek.

Die aas is in twee groottes beskikbaar: 7 cm lank (gewig 7 g) of 8,5 cm (gewig 11 g).

Prys R175 elk – en dit sluit ’n ekstra garnaallyf in. Die aas is ook beskikbaar in Namibië.

Kontak Adrenalin Importers & Distributo­rs (invoerders) 021 982 1510 catches@4adrenalin.co.za adrenalinf­ishing.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa