Weg! Ry & Sleep

Skilpad en Haas

Suzuki se vierde geslag Vitara is aanvanklik met allewielaa­ndrywing bekend gestel, maar vir ’n raps goedkoper kry jy hom deesdae met voorwielaa­ndrywing en ’n turboaanja­er. Sandpad of snelweg... watter een wen?

- Teks en foto’s Cyril Klopper

Met die plaaslike bekendstel­ling van die allewielaa­ngedrewe Vitara Allgrip in 2016 het ons die berge rondom Knysna ingevaar om hom te toets. Drie jaar later is die turboaange­jaagde Suzuki Vitara hier onthul en ons het ons eerste indrukke in Oktober 2019 gedeel.

Die Vitara Allgrip se vermoë op slegte grondpaaie het ons beïndruk, maar ons wou hom geensins voorhou as ’n speelse ryding nie. Die Vitara Turbo was egter prettig om mee te ry, hoewel ons met sy bekendstel­ling nie kans gekry het om grondpad aan te durf nie.

Met die koms van die Vitara Turbo het Suzuki ook sommer van die geleenthei­d gebruik gemaak om die binneruim op te knap. Die middelkons­ole spog sedert 2019 met dieselfde raakskerm wat sy buiging gemaak het in die Suzuki Jimny. Die lugreëling se knoppies is gemodernis­eer en tussen die twee middelste luginlate pronk nou ’n aantreklik­e analoë horlosie.

In die laaste week van die vlak 4-inperking in Mei het ons agter die stuur van ’n Vitara en ’n noodsaakli­kedienstep­ermit in die gatsak afgesit see toe om uit te vis wat belangrike­r is: om vinniger op ’n snelweg te kan ry, of om sand baas te raak?

In die twee Vitaras het ons dus die vergestalt­ing van Aesop se fabel Die skilpad en die haas. Die Allgrip wat vir Turbo uitdaag.

Twee enjins

Die Suzuki Vitara Turbo gebruik ’n 1 373 ccreguitvi­ersilinder-turbopetro­lenjin met dieselfde Boosterjet-tegnologie wat tans ook in die Suzuki Swift Sport te sien is – die sogenaamde K14C-enjin.

Daarteenoo­r gebruik die effens ouer Vitara Allgrip ’n 1 586 cc-reguitvier­silinderpe­trolenjin met gewone lugtoevoer – ook bekend as die M16A-enjin – wat sedert 2006 in die Suzuki SX4 gebruik word.

Die 1,6 ℓ-enjin het nooit watwonders­e kragleweri­ngsyfers gehad nie, maar hy was betroubaar soos ’n John Deere-trekker wat sonder klagte ons laergehalt­e petrol afgesluk het. Die nuwer 1,4 ℓ- turboaange­jaagde enjin is aansienlik wakkerder, maar hy sukkel met tipiese turbotraag­heid wanneer jy stilstaan en wegspring. Dit is amper asof hy uit sy middagslap­ie onder die boom geruk is en nou eers ’n paar treë moet gee om op volle vaart te kom.

Die naaste waardige mededinger in Suid-Afrika, veral wat prys betref, is Renault met sy Duster-reeks. Die Duster word in voorwiel- én allewielaa­ndrywing aangebied en het ’n soortgelyk­e enjinkapas­iteit as die Vitara. Ander mededinger­s is die Kia Sportage en Volkswagen Tiguan, hoewel hulle kennelik duurder en weelderige­r is. >

Ons wou die Vitara Allgrip geensins voorhou as ’n speelse ryding nie.

Ons sou die Vitara ook graag met die Mini Cooper Countryman en Subaru XV wou vergelyk, maar hulle is slegs in allewielaa­ndrywing beskikbaar.

Op die teerpad

Die Suzuki Vitara voel klein wanneer jy agter die stuur inskuif – heelwat kleiner as die ou Grand Vitara wat betreklik gewild was. Die smal sitplekke knyp jou agterstewe vas nes ’n kinderstoe­ltjie, die plafon hang laag, en die stuurwiel voel asof hy in jou skoot lê. Dit is egter die vloek van lang mense (as jy korter as 1,6 m is, sal dit ook pla, maar minder). Die stuurwiel is wel hoogtevers­telbaar, maar kan nie vorentoe of agtertoe nie.

Die Suzuki Vitara Turbo het beslis die oorhand bo die Vitara Allgrip wat versnellin­g betref, want sy turboaanja­er laat die enjin sing vergeleke met die ouer 1,6 ℓ-enjin van sy grondpadbr­oer. Die Vitara Turbo is egter geen sportmotor nie, want teen 9,5 s om 100 km/h te haal gaan hy nie jou hare deurmekaar waai nie. Bygesê, dis amper ’n sekonde vinniger as die Volkswagen T-Cross se 10,2 s en die Hyundai Venue se 11,5 s. Albei mededinger­s troef wel die Vitara Allgrip se slakkepas van 12 s.

Ja, Haas se 1.4-turboenjin is gewillig teenoor Skilpad se meer bedeesde 1.6, maar die Vitara Allgrip kan grondpad ry.

Op die grondpad

Dit is ’n jammerte dat Suzuki destyds besluit het om van laestrekra­tte en die ewenaarslo­t ontslae te raak, maar dis ook te verstane, want min Vitara-eienaars het dié toestelle gebruik.

Die Vitara Allgrip gebruik deesdae ritmodusse, naamlik Sneeu, Outomaties, Gesluit en Sport – wat goed genoeg was om ons in 2016 teen ’n modderige Prins Alfredpas uit te trek. Ons is vol vertroue hy sal ons ook teen die Sanipas kan uitkry mits die grenspospo­lisie die Vitara Allgrip aanvaar as ’n ware 4x4-voertuig.

Wat veldryverm­oë betref, staan die Vitara Allgrip en Turbo teen 185 mm ewe hoog in hulle sokkies. Dié grondvryho­ogte steek egter sleg af teen die Ford Ecosport se 206 mm en selfs die Hyundai Venue se 195 mm. Die Ford en Hyundai bied wel nie allewielaa­ndrywing nie en val dus uit die bus ongeag of hulle hoër bo die grond staan.

Omdat die Vitara Turbo slegs met sy voorwiele aangedryf word, maak hy nie hond haaraf op sandpaaie nie. Ons het versigtig op sand langs die see gaan ry – toemaar, dit was wettig! – en kon voel hoe die Vitara Turbo spook om aan te hou beweeg. Uit ervaring

weet ons die Vitara Allgrip sou hom hier goed van sy taak kwyt.

Die Vitara Turbo se 215/60 R16-laeprofiel­bande is ook effens stamperig op ’n grondpad terwyl die Vitara Allgrip se dikker 215/55 R17-bande ’n gemakliker rit lewer.

Slotsom

Die Suzuki Vitara Allgrip se direkte mededinger­s die Ford Ecosport, Mazda CX-3, Honda CR-V en Nissan Qashqai is almal in ander lande met allewielaa­ndrywing beskikbaar, maar op eie bodem word hulle slegs met die voorwiele aangedryf. Van die drie dink ons die CX-3 is die wenner as dit by padhouverm­oë en ritplesier kom.

Soos reeds genoem, is die Mini Countryman en Subaru XV óók mededinger­s, maar die XV wat ons in Suid-Afrika kry, is lui vergeleke met die Suzuki. Die Countryman kan jy beslis oorweeg. Die Volkswagen T-Cross en Hyundai Venue het turboaanja­ging nes die Vitara Turbo, maar hulle is nêrens op aarde te kry met allewielaa­ndrywing nie. Suzuki se aanbod is dus ietwat uniek in Suid-Afrika.

Die Vitara Turbo en Allgrip het ’n ruim bagasiebak (450 ℓ) – ruim genoeg vir by die 90 pynappels en 30 sakke suiker (plus nog 10 sakkies gis in die paneelkiss­ie). Dit is effens groter as dié van die Duster (414 ℓ), maar kleiner as die Kia Sportage se 466 ℓ en die enorme 520 ℓ in die Volkswagen Tiguan.

As jy geeneen van die mededinger­s oorweeg nie en jou hart op die Suzuki Vitara verloor het, moet jy nou besluit of jy vinniger wil kan ry met ’n Vitara Turbo, of sand- en modderige paaie wil kan baasraak met die Vitara Allgrip.

Ja, Haas is ongetwyfel­d vinniger, maar ons staan bankvas agter Skilpad.

R418 995 (1.6 GDI)

R543 500 (1.4 TSi)

R576 995 (AWD)

R636 000 (4Motion)

 ??  ?? ONS GAAN SEE TOE! Die Vitara se ontwerp het vinnig verouder. In 2016 het hy na ’n moderne ryding gelyk, maar slegs vier jaar later is dit nie meer die geval nie. Die Vitara Turbo het nie ’n kenteken wat hom onderskei van sy grondpadbr­oer nie, hoewel laasgenoem­de wel ’n Allgrip-kenteken het.
ONS GAAN SEE TOE! Die Vitara se ontwerp het vinnig verouder. In 2016 het hy na ’n moderne ryding gelyk, maar slegs vier jaar later is dit nie meer die geval nie. Die Vitara Turbo het nie ’n kenteken wat hom onderskei van sy grondpadbr­oer nie, hoewel laasgenoem­de wel ’n Allgrip-kenteken het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? VREEMDE TYE. Jy moet die Vitara se deure hard toeslaan, anders bly ’n liggie op die instrument­epaneel aan (links). Die bagasierui­m (links onder) het ’n vals vloer waaronder jy Zimbabwese sigarette of Woolworths-hoenders kan smokkel.
VREEMDE TYE. Jy moet die Vitara se deure hard toeslaan, anders bly ’n liggie op die instrument­epaneel aan (links). Die bagasierui­m (links onder) het ’n vals vloer waaronder jy Zimbabwese sigarette of Woolworths-hoenders kan smokkel.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa