Weg! Ry & Sleep

Kyk mooi na jou wa

-

seil kondenseer wanneer die temperatuu­r daal, en dít is sleg vir jou wa.

Wesley Dempster van Tygerberg-woonwaens stel voor jy kry vir jou ’n duursame bekleedsel van skeurvrye seilmateri­aal met afskorting­s oor die deur en vensters wat jy met ritssluite­rs kan oop- en toemaak. Hoewel dié bekleedsel­s nie goedkoop is nie, laat hulle beter lugvloei toe.

“Ideaal gesproke wil ’n mens jou wa binne bêre, maar nege uit die tien keer staan hy onder ’n afdak. In sulke gevalle beveel ons aan jy laat die wa aan die neuskant effens sak sodat enige kondensasi­e wat moontlik opbou, kan afloop,” sê Wesley.

Enige wa wat buite in die son staan sonder enige soort dak bo-oor, gáán een of ander vorm van skade kry. As ’n afdak nie in jou beplanning of jou begroting is nie, is ’n behoorlike bekleedsel ’n goeie alternatie­f. >

Skep asem

Jy moet jou wa elke nou en dan oopmaak sodat vars lug deurvloei. Doen dit minstens een keer per maand vir ’n paar uur – en onthou om die tent en stoeptent ook oop te vou.

“As jy jou wa onder ’n bekleedsel berg, kan jy ’n venster ’n entjie laat oopstaan om met die lugvloei te help en te keer dat enige vog binne vasgekeer word,” sê Brendan Vos, werkswinke­l- en operasione­le bestuurder by Natalwoonw­aens. “Daardie ekstra vog kan lei tot muf op die kussings of tentseil. Dit geld ook vir nuwe waens. As dit nie behandel word nie, kan dit tot houtvrot lei, veral op ouer modelle.”

Van krag tot krag

Prop jou woonwa by jou huisprop in, nes jy in die kampterrei­n sou maak. Dit is nie net om die battery gelaai te hou nie, maar ook om al die toebehore soos die yskas, waterpomp en ligte na te gaan en seker te maak hulle werk nog. Wees egter versigtig om die battery te oorlaai: Jy wil nie ’n vol stroomspan­ning hê wanneer die battery reeds op sy maksimumka­pasiteit is nie.

“Dit hang alles af van hoe jou stelsel lyk,” sê Bryan. “Jurgens se produkte moenie voltyds ingeprop wees nie. Die laaiers van Samsung, Apollo en

Hercules wat deur sommige vervaardig­ers gebruik word, is nie slimlaaier­s nie.”

Bryan sê slimlaaier­s soos dié wat deur Victron gemaak word en in Bush Lapa en Okto se waens gebruik word, laai teen ’n laer tempo wanneer die battery sy kapasiteit bereik. Dit word dan basies ’n onderhouds­telsel wat jou battery tussen 40-80% gelaai hou.

’n Ander opsie, wat waarskynli­k veiliger en meer kostedoelt­reffend is, is om niks in te prop nie en bloot jou wa se battery uit te haal. Jy kan die battery dan aan ’n sypellaaie­r koppel

Bande, wiellaers en remme

“Probeer jou wa met ’n domkrag oplig sodat jy die asse op bokkies kan laat rus.

As ’n voertuig lank stilstaan, kan plat kolle op die bande vorm wat die duursaamhe­id uiteindeli­k kan beïnvloed,” sê Bryan.

As jy elke twee maande of so gaan kamp, is jou bande nie regtig in gevaar nie, maar as hulle langer moet staan, is dit beter om die gewig af te haal.

“Dit hang ook af van die omstandigh­ede waarin die wa gebêre word. ’n Band wat op ’n plat betonblad staan, is minder vatbaar vir die vog wat in grond of sand voorkom.

“Ek laat staan altyd my eie wa ná ’n reis op bokkies, want ek het gevind dit verleng die leeftyd van die as, wiellaers én bande,” voeg Bryan by.

Volgens Wesley kan jy ook ’n stel matte koop wat jou bande teen plat kolle beskerm. Dis amper ’n kussing en wielblok in een, en verlig van die druk op die band.

“Moet ook nooit jou wa vir lang tydperke laat staan met die handrem opgetrek nie,” sê Brendan. om hom te beskerm, en jy hoef jou nie oor die ander toebehore te bekommer wat nie gebruik word nie.

“Dit kan daartoe lei dat jou remme strem, wat gaan beteken jy moet hulle losstamp om die wiele weer aan die rol te kry en die woonwa vrylik te beweeg.” ’n Meer bekostigba­re plan is om bloot die wa nou en dan op te lig en die wiele te draai. Sodoende maak jy seker die wiellaers werk nog én jy kan kyk of daar plat kolle op die bande is. >

Onthou van die onderstel

Sommige kampeerder­s glo jy moet al vier hoekstutte laat sak wanneer jy jou woonwa bêre sodat jy die gewig eweredig oor die onderstel kan versprei. Bryan sê egter dit hang van jou wa se ouderdom af.

“Die nuwer modelle het almal ’n modulêre onderstel, terwyl die ouer waens ’n plat weergawe gekry het. Die oueres is geneig om meer buigsaam te wees. Dit gebeur gereeld dat wanneer

’n wa gelig word, daar meer gewig op die hoekstutte is as op die as. Die teendeel is óók waar, wat beteken die onderstel buig op of af,” sê Bryan.

Hy beveel aan jy draai die hoekstutte al die pad uit en probeer die gewig van die as verlig. Hy stel egter voor jy vind uit watter soort onderstel jou ouer woonwa het sodat jy krake bo die deur en by die vensterram­e kan vermy. Dit is ’n duidelike teken dat daar te veel spanning op die onderstel is.

 ??  ??
 ??  ?? SAK, SAREL! Natuurlik moet ’n woonwa mooi waterpas staan wanneer jy kamp, maar as jy vir lang tye nie die wa gebruik nie, is dit beter dat jy die neus laat sak. Só loop enige water wat moontlik op die dak kan vergaar, af.
SAK, SAREL! Natuurlik moet ’n woonwa mooi waterpas staan wanneer jy kamp, maar as jy vir lang tye nie die wa gebruik nie, is dit beter dat jy die neus laat sak. Só loop enige water wat moontlik op die dak kan vergaar, af.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? VAN OUD TOT NUUT. ’n Woonwaonde­rstel is nie net sommer ’n onderstel nie. Vandag se waens spog meestal met modulêre onderstell­e, wat verskil van die oueres.
VAN OUD TOT NUUT. ’n Woonwaonde­rstel is nie net sommer ’n onderstel nie. Vandag se waens spog meestal met modulêre onderstell­e, wat verskil van die oueres.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa