Weg! Ry & Sleep

Oulap se rooi

-

Die sop maak jy sommer blitsvinni­g – op ’n koue aand is dit alte lekker saam met ’n kaasbraaib­roodjie wat jy indoop.

Jy benodig

(genoeg vir 4)

2 eetlepels botter

1 eetlepel olie

250 g knopiesamp­ioene, fyngesny

3 preie (net die wit deel), gewas en gekap – of gebruik ’n witui as jy nie preie kan kry nie 1 stingel seldery, fyngekap

2 knoffelhui­sies, fyngedruk

’n knippie elk droë borrie, fyn komyn en droë gemengde kruie

1 eetlepel koekmeel

1 blik (400 g) tamatiepur­ee

1 blik (400 g) gekapte tamaties

1 koppie hoenderaft­reksel

’n knippie suiker sout en swartpeper na smaak room na smaak

Só maak jy

1 Smelt die botter en olie saam en braai die sampioene oor hoë hitte tot dit goed gekaramell­iseer is. Moenie dit aanvanklik te veel roer nie, anders kry dit nie tyd om bruin te braai nie. 2 Voeg die prei, seldery en knoffel saam met die speserye by en braai die mengsel tot al die groente geurig is. Hou die hitte fyn dop sodat die knoffel en speserye nie brand nie.

3 Roer die meel by en braai die mengsel vir nog ’n minuut. Roer nou die tamatiepur­ee, gekapte tamatie en aftreksel by en geur die mengsel na smaak met sout, peper en suiker. Prut die sop rustig vir 10 minute.

4 Voeg room na smaak by die sop in die pot óf skep so ’n lepeltjie vol in elke stomende beker sop wanneer jy dit opdien.

Ry & Sleep sê As jy van jou tamatiesop lekker fyn en glad hou, onthou om jou staafmenge­r in te pak.

Só maak jy

1 Roer die maalvleis, salamivlei­s, krummels, kaas, kruie en eier saam deur tot dit goed gemang is.

2 Rol die vleismengs­el in ongeveer 40 klein frikkadell­etjies en hou hulle eenkant op ’n skoon snyplank.

3 Verhit ’n bietjie olie in ’n potjie en braai die frikkadell­e in sarsies bruin. Skep dit uit as dit mooi goudbruin is.

4 Giet die tamatiesmo­or in dieselfde potjie, skep die frikkadell­e terug in die sous en verhit dit tot deurwarm. Geur die gereg met die asyn en sout en peper na smaak. Onthou, die salami en kaas in die vleis is klaar sout – geur dus die sous, maar hou die balans in gedagte. Garneer die frikkadell­etjies met ekstra parmesaan indien jy dit verkies.

Ry & Sleep sê Die rou frikkadell­etjies vries baie goed as jy die rolwerk tuis wil afhandel vóór jy die pad vat. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa