Weg! Ry & Sleep

Dinge verander

- REDAKTEUR schalk.jonker@media24.com

HOns tydskrif se énigste doel is om jou kamp-, 4x4- en reiservari­ng beter te maak en ons is dankbaar vir jou aandeel in ons bestaan en die pad wat jy saam met ons stap.

ulle sê twee dinge in die lewe is onvermydel­ik: die dood en Jan Taks wat sy pond vleis eis. Ek glo veranderin­g hoort saam met dié twee, veral in die tye waarin ons leef. En oor veranderin­g het ’n slim mens op ’n keer gesê dít is die enigste onverander­like waarde. Nêrens is dít meer ooglopend as in die gedrukte media waarin ons by Ry & Sleep ons bevind nie. Teen dié tyd het jy seker al die aankondigi­ng gesien van die sluitings en veranderin­ge by Media24 se publikasie­s. Die goeie nuus is dat Ry & Sleep voortgaan, hoewel ons frekwensie gaan verander van ’n maandeliks­e tydskrif tot een wat elke twee maande verskyn. Die eerste tweemaande­likse tydskrif is ons Oktober-November-uitgawe; dus kan jy volgende maand nog jou September-uitgawe te wagte wees. Hoewel ons voortaan net elke twee maande ’n nuwe uitgawe op die rak sal bring, gaan ons tussendeur ook aan spesiale projekte soos die immergewil­de Oordgids, 4x4-gids en Pretboek werk. Dit beteken daar sal dus gereeld een van ons gedrukte publikasie­s beskikbaar wees. Besluite soos dié is ingrypend en ek kan jou die versekerin­g gee dit is nie ligtelik geneem nie. Die wêreldekon­omie is aan skerwe weens die Covid-19-pandemie en die gedrukte media is al geruime tyd onder druk. Daar was vir ons dus geen ander keuse nie as om anders te dink. Aan die redaksione­le kant kan ek jou die versekerin­g gee ons het steeds die regte mense én hulpbronne om vir jou Suid-Afrika se voorste kamp- en veldrytyds­krif aanmekaar te slaan. Jy gaan nou net ’n bietjie langer vir hom moet wag. Terloops, ons intekenare­afdeling sal eersdaags met intekenare in verbinding tree om te verduideli­k hoe sake vorentoe gaan werk. Sedert die aankondigi­ng het ons verskeie boodskappe ter ondersteun­ing ontvang en daarvoor is ons baie dankbaar. Ons tydskrif se énigste doel is om jou kamp-, 4x4- en reiservari­ng beter te maak en ons is dankbaar vir jou aandeel in ons bestaan en die pad wat jy saam met ons stap. Bly veilig!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa