Weg! Ry & Sleep

Ons wag op die ‘ware’ Defender...

-

Ineos, ’n multinasio­nale petrochemi­ese maatskappy met sy hoofkantoo­r in Londen, het besluit om ’n moderne weergawe van ’n ou bekende veldryer te bou, en in Julie is ’n reeks mediavryst­ellings die wêreld ingestuur.

Sir Jim Ratcliffe, die hoof van Ineos en op vier na die rykste man in Brittanje, sê hy is ontevrede met die koers wat Jaguar Land Rover inslaan met die Defender – ’n voertuig waarvoor Ratcliffe ’n sagte plek het. Daarom het hy besluit om die beweegrede agter die oorspronkl­ike Defender te hervat met ’n voertuig genaamd die Ineos Grenadier.

Ratcliffe het Jaguar Land Rover in 2016, toe die vervaardig­ing van die vorige Defender gestaak is, genader en aangebied om al die masjinerie, gietstukke en regte vir die Defender te koop, maar Jaguar Land Rover was nie te vinde daarvoor nie.

Ineos, wat ’n groot portefeulj­e van maatskappy­e besit, het terstond sy eie ryding begin ontwikkel wat sterk herinner aan die Defender, maar nie ’n enkele onderdeel met Land Roverprodu­kte deel nie. Jaguar Land Rover het ’n stokkie voor Ratcliffe se planne probeer steek deur kopiereg op die ou Defender se basiese vorm te kry. Die kopieregei­s is egter in Oktober 2019 deur die Britse patentekan­toor afgekeur en Ineos mag voortgaan met sy Grenadier.

Die Ineos Grenadier kry ’n leerraamon­derstel en vaste asse deur Carraro voor en agter – “want dit is die enigste manier om ’n ordentlike veldryvoer­tuig te bou”, sê Andreas Albrecht, hoofingeni­eur. Daarteenoo­r het Jaguar Land Lover die nuwe Defender met ’n skulpraam en onafhankli­ke vering gebou. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa