Weg! Ry & Sleep

Mazda probeer weer...

-

Die huidige Mazda BT-50, wat geskoei is op die Ford Ranger, is in 2006 bekend gestel. Teen gemiddeld 300 eenhede per maand het hy skaflik verkoop, en sommige maande het hy selfs die 500-kerf verbygeste­ek.

In September 2010 het die Ford... ’skuus, Mazda BT-50 nuwe stilering ontvang wat die vervaardig­er later duur te staan sou kom. Verkope het aanvanklik bestendig gebly, maar ná ’n klompie maande het dit begin daal tot 100 eenhede per maand, en mettertyd tot slegs 20 in 2019. Meganies was daar geen verskil tussen die 2006- en 2010-model nie, maar as jy die gemiddelde man op straat vra waarom hy nie ’n BT-50 koop nie, het hy bloot sy kop geskud en iets negatiefs gesê oor die bakkie se voorkoms.

Ons hou nie daarvan om ’n ryding mooi of lelik te noem nie. Dis immers ’n subjektiew­e saak. Maar as genoeg mense iets lelik noem, gaan almal later ophou om dit te koop. Vra maar net vir Mitsubishi wat gebeur het toe hy sy Colt met die Triton vervang het.

Op 17 Junie vanjaar het Mazda aangekondi­g hy gaan ’n splinternu­we herontwerp­te BT-50 uitbring. Dié slag gaan die BT-50 op die Isuzu D-Max gegrond wees en selfs deur Isuzu se aanleg in Thailand gebou word.

In Australië, die eerste land waar die nuwe BT-50 losgelaat gaan word, het die besluit om die bakkie deur Isuzu te laat bou effense verdeeldhe­id veroorsaak. Doer Onder geniet Isuzu nié dieselfde aansien vir betroubaar­heid as in Suid-Afrika nie. Dalk is dit omdat ons Isuzu-modelle (wat plaaslik gebou word) wel beter is as dié wat in Australië verkoop word (hulle word in Thailand gebou). Maar dit daargelaat.

Kom ons gesels eerder oor wat ons sover weet van die Isuzu... ’skuus, Mazda BT-50.

MAZDA SE BESLUIT om die BT-50 op die D-Max te grond is ’n logiese stap nadat Isuzu en Mazda in 2016 ’n alliansie gesmee het. Mazda sê hy gaan sy Kodo-filosofie volg met die nuwe BT-50. Dié woord kan glo vertaal word as “siel van beweging”.

Alle Mazdas volg deesdae die Kodo-filosofie, en dit is waarom die nuwe BT-50 dalk vir jou bekend lyk. Hy het dieselfde sierrooste­r met ’n driedimens­ionele “vlerk” wat na weerskante uitsprei as wat jy op Mazda se CX-sportnutse, die MX-5 én Mazda 3 en 5 aantref. Ook die skerphoeki­ge breë hoofligte is eenders.

Die nuwe BT-50 kon egter nie daarin slaag om dieselfde lang enjinkap te kry as wat sy stalmaats het nie want die D-Max se raam laat dit nie toe nie.

Die bak is lekker ruim en kan meer as een ton vrag dra. Die bak se klap volg blykbaar ook die Kodo-filosofie, met ’n soortgelyk­e “vlerk” as voorlangs.

Sover ons kennis strek, gaan Isuzu se 3 ℓturbodies­elenjin en sesspoedra­tkas (handrat en outomaties) in die BT-50 gebruik word, maar ons is nie seker oor die kragleweri­ngsyfers nie en daarom sluit ons nie ’n spesifikas­ielys by dié artikel in nie.

Die binneruim is spoggerig verby, dalk die deftigste wat ons nóg in ’n bakkie gesien het. Dis leer net waar jy kyk met ’n groot raakskerm en afwerkings­vlakke wat ons nog net in die Volkswagen Amarok gesien het.

Dit is hier waar Mazda se planne deurskemer. Alle maatskappy­e wat hulle tot boontjiete­llers wend om sakebeslui­te te neem as dinge noustrop trek, loop dieselfde roete: Hulle korrel vir die hoëinkomst­emark wat bereid is om baie geld te betaal vir ’n klein bietjie ekstra.

Die nuwe BT-50 is deftig, en hoewel ons nog nie weet wat hy gaan kos nie, kan ons raai dat die boontjiete­llers bevind het ’n hoër wins teen laer verkoopsyf­ers is verkieslik bo groter verkope teen ’n kleiner winsmarge.

Land Rover het onlangs dieselfde raad gevolg deur die prys van sy luukse nuwe Defender hemelhoog te lig teenoor die werklike waarde van die voertuig, om sodoende ekstra munt te slaan ten koste van verkoopsyf­ers. Ons weet nie of dit gaan werk vir Land Rover nie, maar ons weet hoe dit geëindig het vir Nissan... ’skuus, Mercedes-Benz se X-klas.

R634 783

R666 500

R752 900

 ??  ?? MAZDA BT50
MAZDA BT50
 ??  ?? KYK HOE LYK HY. Die sierrooste­r pronk groot op die neus, maar hoe gaan dit lyk as jy die buffer vervang met ’n bosbreker. Die binneruim is ewe spoggerig en herinner meer aan ’n sedanmotor as ’n tradisione­le bakkie.
KYK HOE LYK HY. Die sierrooste­r pronk groot op die neus, maar hoe gaan dit lyk as jy die buffer vervang met ’n bosbreker. Die binneruim is ewe spoggerig en herinner meer aan ’n sedanmotor as ’n tradisione­le bakkie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa