Weg! Ry & Sleep

WONDERLAND 45

-

’n Mens hoor nie dikwels van ’n kampplek waar al die staanplekk­e rondom ’n hengeldam uitgelê word nie. Dit beteken ’n ieder en elk van die kampeerder­s het sy stukkie oewer waar jy kan lyn natmaak. Maar hier by Wonderland 45, ’n hanetree buite Pretoria, word jy nie net só bederf nie; hier kan jy rondstap en tussen vyf damme kies – almal naby mekaar.

Wat die kampplek vir hengelaars nóg unieker maak, is die verskeiden­heid varswaterv­is wat jy kan vang. Jy kyk na swartbaars, baber, kurper en karp en, glo dit of nie, ook forel. Wanneer laas het jy soveel uiteenlope­nde vis by een oord teëgekom? Dis behoorlik die varswaterv­iswêreld se eie Groot Vyf op een erf. (Terloops, die “45” in die naam verwys na die kleinhoewe­nommer.)

Wanneer jy die kampplek binnery, is die badkamers direk voor jou, met die eerste ry van nege staanplekk­e links langs die eerste dam – 110 m lank, 15 m breed en 3 m diep – waar jy kurper en forel kan uittrek. (Al die staanplekk­e in die oord het ’n eie braaiplek met ’n rooster, kragpunt, kraan en lig.)

Voor die badkamers is ’n vierkantig­e dam, die sesde een in die oord, maar hier word visvang nie toegelaat nie. Dit is ook net 1 m diep en speelplek vir die jong klomp as hulle begin tone tel op die staanplek. Die ander speelplek – ’n parkie – is langs die eerste dam en het onder meer ’n ronde opslaanswe­mbad en ’n paar swaaie. Hier is selfs ’n paar plaasdiere wat jy oor naweke en op vakansieda­e kan help kosgee. Dit sluit in bokke, skape, emoes, hoenders, hase en donkies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa