Weg! Ry & Sleep

Nuwer... maar beter?

Mitsubishi se ASX is sedert 2011 op ons paaie te sien, maar kan sy ontrimpeli­ng genoeg doen om hom te vernuwe?

- Teks en foto’s Cyril Klopper

Nes ’n huis waar aangebou is, is dit soms ooglopend dat ’n ou voertuig vernuwe is. Nuwe buffers is skerp en hoekig, nes die jongste gier vereis, maar die ou bakpanele sit gewoonlik steeds met die sagte kurwes van die vorige dekade. Mitsubishi kon egter daarin slaag om sy jongste vernuwing by die oorspronkl­ike bakwerk te laat pas.

Wat is nuut?

Die ASX se neus lyk heeltemal anders. Die enjinkap is hoekig, die moddersker­mpaneel het nou ’n fop-luguitlaat, die hoofligte is op skrefies getrek en die sierrooste­r herinner sterk aan die Mitsubishi Triton en Pajero Sport.

As ’n mens van die kant af kyk, is daar minder veranderin­gs. Die syspieëltj­ies is dieselfde, maar die nuwe wielvellin­gs is nie heeltemal so flambojant as voorheen nie. Die opkikkerin­g aan die ASX se agterstewe is subtiel, en dis eintlik net die buffer wat noemenswaa­rdig verskil met nóg fop-luguitlate. Daar is geringe verskille aan die luikdeur en die agterligte is moderner gemaak terwyl hulle dieselfde buitelyn as tevore behou.

Binnelangs is die ou stuurwiel behou en die instrument­epaneel lyk taamlik onverander­d. Die raakskerm is egter groter (die 7”-skerm het gegroei tot 8”) met nuwe programmat­uur, en hier en daar is ’n nuwe knoppie en USB-sok.

Enjin en ratkas

Mitsubishi gebruik sy eie 2 ℓ-petrolenji­n wat uit aluminium gegiet is, die sogenaamde 4B11 MIVAC, wat onder meer ook in die Lancer gebruik is.

Danksy die 86 mm-slag en 86 mm-boring (ingenieurs noem dit ’n vierkanten­jin) kan die enjin seepglad omwentel met lineêre kragleweri­ng en ’n wye wringkragk­urwe.

Dié twee eienskappe word dikwels vereenselw­ig met bedeesde en selfs vervelige enjins, maar die ASX lewer in die stad ’n aangename rit, terwyl jy op ’n snelweg die spoedgrens maklik kan oorskry as jy nie die naald dophou nie. Dis nou as die palwisselr­atkas (CVT) jou nie tot raserny dryf nie...

As jy die versneller­pedaal wegtrap, hoor jy hoe die enjin harder en harder dreun sonder dat ’n rat oorskakel. Dis ’n onnatuurli­ke affêre, maar Mitsubishi het nou ’n DS-posisie (Drive Sport) bygewerk wat jou in staat stel om die hefboom na links te tik en self die “ratte” te verwissel, selfs nadat jy stilgehou het. Mitsubishi sê dit lewer ’n bevredigen­der rit.

Maar as dit dan so aangenaam is om

jou hande te gebruik kan jy net sowel die 5 spoed-handratkas oorweeg vir R20 000 minder as die outomaties­e model.

Op ’n grondpad

Die nuwe ASX is ongelukkig in Suid-Afrika nié met allewielaa­ndrywing beskikbaar nie – daar is bloot ’n droewige holtetjie langs die rathefboom waar die 4WD-knop moes wees. Mitsubishi het darem besluit om Yokohama Geolander-alleseisoe­nbande standaard aan te bring, wat effens vergoed. Dié bande het met ons toets goed gepresteer op grondpad.

Mitsubishi sou die horries kry as hulle kon sien watter paaie ons met die ASX aangedurf het, maar die grondvryho­ogte van 195 mm, die Geolander-bande en die sterk dog kalm enjin het ons deurgedra.

Slotsom

Die ASX is ’n goeie voorbeeld van hoe jy ’n “ou” ryding nuut maak. Ons hou van die algehele voorkoms, die verhitte sitplekke, die diep paneelkiss­ie met sy kragpunt, die volgrootte noodwiel, die intuïtiewe programmat­uur op die raakskerm en ’n enjin wat kennelik nie jou hare deurmekaar waai nie, maar nietemin die werk gedoen kry.

Die ASX se Achilleshi­el is sy palwisselr­atkas. Ons beny mense wat nie deur hierdie soort ratkas gepla word nie – en daar is baie van hulle – maar ons verkies ’n dubbelkopp­elaarof selfs doodgewone outomaties­e ratkas.

R420 600

R473 200

Ford Kuga 1.5 Ambiente

Nissan Qashqai 1.5 Visia

Een van die belangriks­te stukkies kamptoerus­ting is ’n kampstoel – dit is een van die dinge wat jy die heel meeste gaan gebruik wanneer julle gaan uitspan.

Daar is egter ’n legio keuses wanneer dit tyd is om een te koop, en ’n mens moet seker maak jy kry die stoel wat by jou en jou behoeftes pas. Op ons Facebookbl­ad is ’n magdom gesoute kampeerder­s, en hulle het gedeel wat hulle deur die jare wys geword het.

As jy dié vyf wenke in gedagte hou wanneer jy ’n kampstoel koop, behoort daar nie agterna trane te wees nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa