Weg! Ry & Sleep

3

-

’n Belangrike oorweging is hoe groot die stoel is, hoeveel hy weeg en hoeveel plek hy opneem wanneer jy hom inpak.

As jy ’n wa of ’n Venter sleep, is dit dalk minder van ’n kopseer as wanneer jy met ’n koepeltent in die kattebak van jou Citi Golf gaan kamp.

is ligter as dié met ’n staalraam en neem gewoonlik ook minder plek op.

“Gee die geld uit en koop die beste stoel wat jy kan bekostig. Jy soek een wat lekker sit en klein opvou en dus nie baie plek opneem nie.”

– Agatha Ikking

En wat weeg jý? Onthou om seker te maak die stoel wat jy uiteindeli­k koop, is sterk genoeg om jou gewig te dra.

As jy in die voorry sak vir die dorp se Kaas-en-wynspan, gaan een van daardie modelle wat jy sommer by die plaaslike supermark aanskaf vir rondom R150, beslis nié die pyp rook nie. Hoe sterker die stoel, hoe meer plek neem hy gewoonlik op. Hou dit ook in gedagte.

“Ons het al baie goedkoop stoele gekoop wat net vir een kamp gehou het. Koop die beste wat jou beursie toelaat.” – Geraldean Moore

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa