Weg! Ry & Sleep

Koel, neutraal of warm?

- NEUTRAAL

Daar is drie hoofkatego­rieë vir hoofligte: filament, xenon en LED. Dié ligte skyn teen verskillen­de kleurtempe­rature (nee, dit het niks met hitte uit te waai nie) wat wissel tussen geel en turkoois. Ons meet die kleurtempe­ratuur in ’n eenheid wat Kelvin (K) genoem word.

Filamentli­gte is die oudste en gebruik ’n tungsten-filament en halogeenga­s om ’n warmkleuri­ge lig (4 000 K) te werp. Xenonligte, ook bekend as HID-ligte, skyn ’n helder, koel lig (6 000 K) wat wissel tussen wit en effens turkoois. LED-ligte is die jongste op die mark en jy kry hulle in ’n verskillen­de grade van helderheid en verskillen­de kleurtempe­rature.

Die warm lig wat deur tungsten en halogeen geskep word, is dalk nie uitermate skerp nie, maar dit skep meer kontras in die donker sodat jy makliker ’n koedoe langs die pad kan raaksien. Dit gee ook beter dieptevisi­e en is minder geneig om jou oë moeg te maak.

Die koue lig van xenonligte skyn ’n barshou en jy kan baie verder met hierdie soort ligte sien as met halogeenli­gte.

Ongelukkig verlaag dit ook die kontras én kleurversa­diging, wat dit soms moeiliker maak om ’n bok langs die pad te gewaar. Hulle is ook ’n pes vir aankomende verkeer omdat hulle so helder is – en daarom dikwels ook onwettig.

LED-ligte as amper so helder 10 000 9 000 8 000 7 000 6 000 5 000 4 000 3 000 2 000 1000

KOEL

WARM

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa