Weg! Ry & Sleep

Vyf in ’n ry!

-

KLEWERIGE VARKTJOPS

Chinese vyfspesery­mengsel en pruimsous is my geheim vir dié allemintig­e tjops. (genoeg vir 4)

4 varklende- of ribtjops, vel afgesny 3 teelepels Chinese vyfspesery­mengsel ¼ koppie pruimsous gestoomde rys om voor te sit 3 sprietuie, gekap, om voor te sit 2 Braai die tjops oor warm kole tot die vleis so te sê gaar maar nog sappig is. Gebruik jou oordeel om die gaarmaakty­d te bepaal, want dit sal afhang van hoe dik die tjops is.

3 Bedruip nou die vleis mildelik met die soet pruimsous en braai dit vir nog ’n paar minute tot dit lekker taai begin word – hier moet jy sake fyn dophou sodat dit nie brand nie. Sit die tjops voor op gestoomde jasmynrys met ’n bietjie gekapte sprietuie bo-oor gestrooi.

Vir ’n volledige maaltyd kan jy groen groente soos broccoli, murgpampoe­ntjies of ’n roerbraai van gemengde groente saam met jou meesterlik­e tjops voorsit. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa