Weg! Ry & Sleep

Steek ’n stokkie daarin

-

HOENDERDYT­JIESOSATIES

Ontbeende hoenderdyf­ilette is duurder as hoenderbor­sies, maar kan langer gemarineer of gaargemaak word sonder dat dit uitdroog oor die kole. (genoeg vir 4)

16 hoenderdyf­ilette

1 rooiui, in agstes gesny en in blaartjies gebreek

1 elk groen en rooi soetrissie, in hapgrootte blokkies gesny

VIR DIE MARINADE

2 eetlepels tamatiesou­s 1 eetlepel appelkoosk­onfyt 1 eetlepel worcesters­ous 2 eetlepels bruinasyn 1 eetlepel matige kerriepoei­er 1 teelepel borrie 2 knoffelhui­sies, fyngedruk

1 Knip die vlerkies se punte met ’n skerp skêr af. Knip daarna die vlerkie by die lit middeldeur en hou dit eenkant. (Die punte haak meer aan die rooster as wat hulle tot die eetervarin­g bydra – gooi dit dus liefs weg.)

2 Klits die jogurt, masala, konfyt, meel en mosterd saam en meng dan die bier by om ’n gladde sous te maak. Meng die sous deur die hoender en laat dit vir ongeveer 1 uur marineer terwyl jy die vuur stook vir kole.

3 Braai die souserige vlerkies oor matige kole vir sowat 20 minute of tot dit gaar is met ’n mooi kleur. Verf gereeld van die marinade aan. Geur dit met sout en swartpeper.

4 Strooi laastens die klapper oor en laat waai!

Jy kan ook die gebraaide vlerkies terug in die braaibak met oorskietma­rinade sit en dit dan met die deksel op vir ’n paar ekstra minute oor die kole stoom – sodoende kry jy ’n souseriger happie. Strooi heel laaste die klapper oor. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa