Weg! Ry & Sleep

Jy kry nóú op jou kerrie!

-

KERRIEAART­APPELROLBROODJI­ES

Net soos met gewone roosterkoe­k is die groot geheim met dié mooi broodjies geduld! Ek wil altyd begin “toets” nog lank vóór die deeg deurgaar is. (maak ongeveer 12 wiele)

1 ui, fyngekap

2 eetlepels olie

1 eetlepel matige kerriepoei­er of masala

6 vars of droë kerrieblar­e (opsioneel)

4 groot aartappels, in blokkies gesny

2 wiele fetakaas, gekrummel

1 kg gekoopte winkelbroo­ddeeg (of maak jou eie)

1 Braai die ui in die olie tot dit sag en mooi glansend is. Roer die kerriepoei­er en kerrieblar­e by en braai alles vir nog ’n minuut saam tot geurig. Skep die aartappel by en roer alles saam om die spesery deur te meng. Voeg ’n glas water by die pan, sit die deksel op en stoomkook dit tot die aartappels sag en die vloeistof weggekook is. Geur dit na smaak met sout en peper, roer die feta by en laat die vulsel afkoel.

2 Rol die deeg in ’n groot reghoek uit tot ’n dikte van ongeveer 1 cm. (’n wynbottel maak ’n goeie rolstok.) Gebruik ’n strooisel meel of olie om te keer dat die deeg vassit. Sprei die vulsel oor die deeg uit en rol dit weer styf op soos ’n rolkoek. 3 Sny die rol met ’n mes in skywe van 3 cm. Pak hulle só dat die spiraal boontoe wys, en druk die rolle dan effens plat. Laat dit onder ’n gesmeerde vel kleefplast­iek of ’n klam vaddoek rys terwyl jy die kole regkry.

4 Braai die broodjies versigtig in ’n toeknyproo­ster oor lou kole tot dit goudbruin en uitgerys en, die heel belangriks­te, deurgaar is. Dit is heerlik – warm óf koud.

My ma het ’n kerrieblaa­rboom in haar tuin en ek gaan stroop hom gereeld wanneer ek kerrie kook. As jy die blare in ’n winkel raakloop, koop dit – hulle droog goed en hou ook in die vrieskas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa