Weg! Ry & Sleep

Mobiele mammoete

-

Hy is gegrond op Mercedes-Benz se reeks vragmotors waarvan die Actros en Axor deel vorm, maar die Zetros is wat jy sou kry as jy ’n ryhuis met ’n Unimog se legendarie­se veldryverm­oë kruis... en dit dan met twee vermenigvu­ldig.

Dit is ’n ekstreme ryhuis, en twee sakemanvri­ende in Ulaanbaata­r, die hoofstad van Mongolië, het elkeen een gekoop. Dié hoogliggen­de land bied ’n klomp soorte terrein wat wissel van uitdagende bergreekse tot wye grasvlakte­s. Dus nét die plek om ’n 6x6-ryhuis te besit.

Nadat hulle Mercedes-Benz se WÖrthvragm­otorfabrie­k in Duitsland verlaat het, is albei voertuie noord gestuur na die ombouingsp­esialiste Hartmann en die kajuitopgr­adeerders Huernerkop­f, albei in Frankfurt. Albei Zetrosse is met standaarda­fwerkingsv­lakke soontoe gestuur met net ’n slaapkajui­t vir die bestuurder, lugreëling, ’n klankstels­el met Bluetooth-koppeling, en ’n 7”-raakskerm met ’n trukamera om dit makliker te maak om hierdie monster terug te stoot. Die kajuit het ’n dakrak met ’n dravermoë van 100 kg sodat vier kolligte en twee lughorings daarop gemonteer kon word.

By die agterkant is ’n hyskraan wat gebruik word om die noodwiele van hulle monteerple­kke tot op die grond te laat sak, en ’n ekstra stel spreiligte wat aanskakel sodra jy trurat inhaak. Twee brandstoft­enks hou onderskeid­elik 200 ℓ en 300 ℓ diesel – die sakemanne hoef dus nie bekommerd te wees of hulle die volgende dorp gaan haal nie, selfs in Mongolië se diep platteland.

Die ombouingsp­esialiste moes in ag neem dat die ryhuise in Mongolië se ekstreme weerstoest­ande gebruik gaan word, en hulle het derhalwe isolasiema­teriale gebruik om die vakansiega­ngers knus en veilig te hou, maar die materiale moes ook duursaam wees om uitmergele­nde 4x4roetes te oorleef.

Elkeen van die twee ryhuise se kombuis is toegerus met ’n oond, mikrogolfo­ond, ysvrieskas, kroeg en koffiemasj­ien. Hulle het ook ’n buitekombu­is met ’n tweeplaats­toof vir wanneer die weer saamspeel. In die badkamer is ’n storthokki­e, wasbak en ’n marmervloe­r met ondervloer­se verhitting.

Die Zetros het drie asse en ’n brutogewig van 25 t. Hulle word aangedryf deur

’n 7,2 ℓ-reguitsess­ilinder-turbodiese­lenjin wat 240 kW en 1 300 Nm lewer (tussen

1 200 r.p.m. en 1 600 r.p.m.). Daar is twee ratkasopsi­es: ’n doodgewone sesspoedou­tomatiese ratkas en ’n negespoedh­idrouliese ratkas met agt ratte vorentoe plus een kruiprat vir wanneer dinge rof raak. Wringkrag word met ’n VG 1 700oordrar­atkas na al ses wiele gestuur vir permanente allewielaa­ndrywing.

Drie meganiese ewenaarslo­tte is standaard en hulle word deur die bestuurder in die kajuit aangeskake­l. Daar is liggies op die instrument­epaneel wat wys in watter volgorde hulle ingehaak moet word: eers die middelste, dan die agterste en laastens die voorste ewenaarslo­t.

Die omgeboude Zetrosse gaan meermaal gebruik word in die Altai-bergreeks wat die geografies­e grens tussen China, Kasakstan, Mongolië en Rusland vorm.

087 353 1300 087 353 1333

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa