Weg! Ry & Sleep

Ford se Jeep-vreter

-

Ford in Amerika het onlangs sy nuwe Bronco bekend gestel en die Yanks is gaande oor hom. Maar waarom is dit vir ons nuus? Die 2021-model Bronco het dieselfde 2.3 EcoBoost-enin en 10 spoed- outomaties­e ratkas as die Ford Ranger. Jy kan ’n Bronco dus in Suid-Afrika laat diens as Ford besluit om hom met regterhand­stuur beskikbaar te stel. Die Bronco is in der waarheid ’n mengsel van die F150- en Ranger-bakkie.

Die Bronco is ook beskikbaar met die 2.7-V6-EcoBoost-enjin wat uit die F150-bakkie kom en ’n splinternu­we 7 spoed-handratkas (een trurat, vyf ratte vorentoe en een kruiprat met ’n ratverhoud­ing van 95:1).

Wat vering betref, het die Bronco agterlangs ’n Dana 44- vaste as en voorlangs onafhankli­ke vering, ook deur Dana. Ons is nie so seker of onafhankli­ke vering die regte besluit was nie, maar as jy kyk hoe die Amerikaner­s se sogenaamde Trophy Trucks in die Baja-veldrytydr­en presteer met hulle onafhankli­ke vering, het Ford dalk ’n punt beet.

Die stabilisee­rder op die voorste as kan boonop uit die kajuit ontkoppel word met die druk van ’n knoppie. Die vering stel jou in staat om 35”-bande aan te bring sonder dat enige modifikasi­es nodig is.

Die oordraratk­as kan in die ry van tweewielaa­ndrywing na viertrek oorskakel en daar is opsionele elektriese ewenaarslo­tte vir die voor- én agteras.

Daar’s sewe ritmodusse wat die lewe vir groentjies makliker gaan maak, maar ervare bestuurder­s kan die ritmodusse omseil en self beheer neem oor die meganika. Twee funksies waarvan ons veral hou, is die sogenaamde Trail Assist wat jou in staat stel om stadige versnellin­g en die remme met slegs een voetpedaal te behartig. Dié stelsel sal ook een wiel rem wanneer jy skerp draai sodat die Bronco óm daardie geremde wiel draai, asof dit ’n spilpunt is.

Ford sê hy’t die Bronco ontwerp sodat klante die standaardb­uffers en -bakpanele kan vervang met naverkope-onderdele. Ford sê ook jy kan die Bronco binne ’n uur uitmekaarb­out tot net sy basiese dop en aandrywing­stelsel op die leerraamon­derstel oorbly.

Praktiese elemente is waterbesta­nde knoppies in die binneruim, ’n plek op die instrument­epaneel om onder meer >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa