Weg! Ry & Sleep

DIE GEWILDSTE KAMPYSKAS TER WÊRELD

Daar is ’n paar dinge wat jy in gedagte moet hou wanneer jy ’n kampyskas koop.

- Wat bied die yskas alles? Hoe lank gaan dit hou? Hoe goed word die

Jou navorsing oor watter kampyskas om te koop draai gewoonlik om die vraag “hoe groot moet dit wees?”. En dan is daar ook ander dinge waarna jy moet kyk... produk ondersteun?

Die vraag oor die grootte is dikwels die moeilikste om te beantwoord. As jy dikwels kamp, weet jy dalk reeds wat jou behoefte is. As jy egter ’n groentjie is, of nog nooit voorheen ’n 12V-yskas besit het nie, is jy dalk onseker.

Dis heeltemal anders om met ’n 12V-yskas te kamp as met ’n koelboks. ’n Koelboks vereis die dikste insolasie moontlik; en, omdat jy die koelboks vol ys moet maak, moet jy dikwels noodgedwon­ge die grootste, lompste koelhouer koop sodat daar darem nog plek vir jou vleis is nadat jy die ys ingepak het.

Daarteenoo­r kan ’n kampyskas homself koud hou. Insolasie is dus steeds noodsaakli­k, maar nie so belangrik soos in die koelhouer nie. Jy kan dus in baie gevalle regkom met ’n kampyskas wat heelwat kleiner is as jou koelboks.

Oor baie jare heen wys National Luna se navorsing daarop dat 60% van die 12V-vrieskaste wêreldwyd 50 liter groot is.

Dit stem ook ooreen met National Luna se eie verkoopsyf­ers.

Dit was hierdie inligting wat National Luna in 2005 genoop het om die 50 liter-Weekender bekend te stel.

Soos die naam aandui, was die Weekender op naweekkamp­eerders gemik – gesinne en reisigers wat vir 2 tot 4 dae per keer kamp.

Die eenheid was só ontwerp dat die proporsies van die yskas (40 liter) en vrieskas (10 liter) onverander­d was. As jy byvoorbeel­d die yskasdeel op 5 ºC gestel het, sou die vrieskasde­el op -5 ºC bly – min of meer 10 ºC koeler as die yskas.

Dit het goed gewerk, maar is nie so veeldoelig soos National Luna se ander dubbelbehe­ereenhede (soos die NL60 en NL90) nie, wat jou toelaat om die temperatuu­r van die vrieskasen yskasdele onafhankli­k te stel.

Dit beteken jy kan die eenheid as ’n yskas, ’n vrieskas, of as ’n yskas-vrieskasko­mbinasie gebruik.

Daar was egter geen manier waarop dit ook met die 50 liter-eenheid gedoen kon word nie, nie sonder om die koste drasties te verhoog nie.

Tot nou toe …

In 2002 was National Luna die eerste maatskappy wêreldwyd wat sy dubbelbehe­erpaneelte­gnologie bekend gestel het. Dit gee jou die vermoë om die twee komparteme­nte, wat elkeen sy eie termostaat het, apart te beheer. Eers agt jaar later het enige van National Luna se mededinger­s dieselfde tegnologie begin gebruik.

Danksy nuwe tegnologie met sluitklepp­e, kompressor­s en insolasie, kan National Luna nou die nuwe dubbelbehe­erde NL50 Legacy bekend stel – die mees gevorderde, veelsydigs­te 50 litereenhe­id in sy klas.

National Luna het deesdae vyf yskaste van verskillen­de groottes wat dié dubbelbehe­ertegnolog­ie gebruik, én ses enkelbehee­reenhede.

 ??  ??
 ??  ?? National Luna se volledige reeks yskaste word in Suid-Afrika ontwerp en vervaardig, die enigste handelsmer­k wat dit doen. Hierdie trots Suid-Afrikaanse maatskappy voer deesdae sy 12V-yskaste wêreldwyd uit. Dit sluit in 40 litereenhe­de, tot 125 liter-eenhede.
National Luna se volledige reeks yskaste word in Suid-Afrika ontwerp en vervaardig, die enigste handelsmer­k wat dit doen. Hierdie trots Suid-Afrikaanse maatskappy voer deesdae sy 12V-yskaste wêreldwyd uit. Dit sluit in 40 litereenhe­de, tot 125 liter-eenhede.
 ??  ?? Die eenheid se twee komparteme­nte kan onafhankli­k van mekaar verstel word. Dit het mededingen­de handelsmer­ke agt jaar geneem om met iets soortgelyk­s vorendag te kom.
Die eenheid se twee komparteme­nte kan onafhankli­k van mekaar verstel word. Dit het mededingen­de handelsmer­ke agt jaar geneem om met iets soortgelyk­s vorendag te kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa