Ek wil ook gaan!
Suid-Afrika se gunstelingsportnuts is onlangs gepoets om nóg aantrekliker te lyk.
Kan ek op my eie ry? Ja, beslis.
Hoe lank? Die roete soos ons hom gery het, duur 2 dae (8 uur per dag), maar onthou, daar is ook ander agterpaaie én die nabygeleë Addo-Olifant-, Bergsebra- én Kamdeboo- nasionale park om te verken. Waarmee moet ek ry? ’n Sagte veldryvoertuig soos ’n Volkswagen Tiguan of Ford Ecosport is in die haak, maar jy het veelterreinbande nodig, want die grondpaaie hier rond vreet stadsbande soos soetkoekies op.
Hoeveel brandstof het ek nodig? Jy moet ’n minimum van 400 km kan ry met die petrol in jou tenk.
Watter toerusting moet ek pak?
’n Bandherstelstel en sleeptou.
Mag ek sleep? Ja, maar enkele grondpaaie is goor verby en ons sou dit nie met ’n padwa aandurf nie.
Die Toyota Fortuner is sedert 2004 ’n topverkoper onder Suid-Afrikaners en het daarom geen bekendstelling nodig nie. Toyota Suid-Afrika het die Fortuner vanjaar opgeknap om hierdie jongste weergawe, die Toyota Fortuner Epic, te skep.
Wat het ons hier?
Die Epic is beskikbaar in twee afwerkingsvlakke: Epic en Epic Black. Albei weergawes gebruik Toyota se getroue 2.8 GD-6-enjin.
Die Fortuner Epic-reeks kan verder verdeel word in vier modelle: twee agterwielaangedrewe 2.8’s (Epic en Epic Black) en twee 4x4-modelle (Epic 4x4 en Epic Black 4x4).
Buitelangs
Die Toyota Fortuner Epic kry ’n swart stampstaaf oor die voorbuffer met ’n metaalplaat waaruit die naam Epic gesny is. Agterlangs is daar ’n sleepstang, ook in swart, met ’n haak en kragkoppelstuk. ’n Epic-kenteken is links agter onder die modelnaam aangebring.
Die Epic Black-model het ’n tweekleurontwerp met ’n swart dak, swart dakrelings, swart syspieëls en swart 18”-allooiwielvellings. Die Epic Black se bakverf is beperk tot een kleur, Glacier White, wat ’n goeie kontras vorm met die swart elemente.
Met die gewone Epic het jy ’n keuse tussen dieselfde gletserwit of chroomsilwer, grafietgrys of brons.
Binnelangs
Die naam Fortuner is op die drumpelplate geëts en Epic is met silwer gare op die vloermatjies geborduur. Jy kry dubbelsone-klimaatbeheer, sleutellose toegang, aansitterknop, ’n raakskerm met satellietnavigasie, trukamera, kruisspoedbeheer, ratwisselspane en elektriesverstelbare sitplekke.
Wat elektroniese hulpmiddels betref kry jy sluitweerremme, vastrapbeheer, stabiliteitsbeheer, remversterking, remkragverdeling en wegtrekhulp teen opdraandes. Die viertrekmodelle kry ekstra hulpmiddels soos Toyota se A-Trac-veldrystelsel en afdraandebeheer. Met ‘n draaiknop kan jy wissel tussen agterwielaandrywing en viertrek.