Weg! Ry & Sleep

Sak af Suidkus toe

Vat Vrydag af, trek lekker vroeg uit die binneland weg en sit vanaand rustig langs jou kampvuur en luister na die geruis van die Indiese Oseaan se branders.

- Teks en foto’s Schalk Jonker

Dis heerlike lente, en stadig maar seker raak die dae weer langer en die nagte korter. Wanneer die inperkings­maatreëls in só ’n mate verslap dat ons weer provinsial­e grense mag oorsteek – én mag kamp – is ’n bederfnawe­ek in die KwaZulu-Natalse Suidkus nét die doepa om van die ysige winter en sommer ook die sieldodend­e grendeltyd te vergeet. Nie dat ’n mens veel oortuiging nodig het om Suidkus toe te sleep nie. Die heerlike klimaat, die warm Mosambieks­e seestroom wat hier verbyloop, en die magdom doendinge in die gebied maak daarvan ’n puik vakansiebe­stemming – vir enigiemand van gesinne wat op soek is na pret en plesier tot pensioentr­ekkers wat rus en vrede verkies. Die ATKV-Natalia in Winklespru­it se omgewing is uitstekend geleë. Dit is heerlik sentraal – Durban is skaars 40 km weg – en ook nie te ver om te ry vir mense uit die binneland nie. >

NATALIA IS ’N MENEER van ’n gesinsoord en een van daardie kampplekke waar jy inry en alles voel van die begin af sommer net reg. Dit is netjies, hier is baie plek, dit is so veilig soos kan kom, en hier is meer as genoeg om jou en jou mense besig te hou gedurende julle welverdien­de blaaskans by die see. Hier is selfs wifi op jou staanplek en jy kry 30 minute se gratis internetto­egang per dag. As jou tienerseun sy halfuur opgebruik het, gaan hy sy roomys moet prysgee en sy sakgeld gebruik om vir hom nog toegang te koop. Natalia lê langs Illovostra­nd, en in dié warm waters kan jy heeljaar baljaar en tussenin op die skoon, uitgestrek­te strand lê en sonbaai. Die meeste dae van die jaar is hier ook menseredde­rs aan diens. As die weer die dag nie saamspeel nie, kan julle in die groot verhitte swembad gaan swem of op die leunstoele langsaan ontspan. Natalia se ontspannin­gsgedeelte is so volledig soos kan kom, en buiten die swembad (hier’s een vir die kleintjies ook), is hier minigholf, ’n vlugbalbaa­n, trampolien­s, ’n groot klimraam en een van daardie lewensgroo­t skaakborde. In die speletjies­kamer is videospele­tjies en ’n pool-tafel. Die oordwinkel sal ’n paar kleindorps­e supermarkt­e in die skande steek. Jy kan kom aanklop vir enigiets van brood, tydskrifte en visnette vir die kleintjies tot braairoost­ers, T-hemde, hout, koeldrank, roomys en ys. Langs die winkel is die Koswerf-restaurant waar jy kan aansit vir ontbyt, ligte middagetes of sommer net koek en tee. Soos by alle ATKV-oorde is hier in die vakansiety­d vermaak by die swembad, én dan kosstallet­jies waar jy lekkernye soos ’n aartappel op ’n stokkie kan koop. Die hekkie na die treinbrug wat oor die spoor loop strand toe, word deur ’n sekerheids­wag beman. Wanneer jy uitstap, gee hy vir jou ’n rekkie met ’n skyfie op wat jy om jou arm moet sit. Die dag van die week is op dié skyfie geskryf, en dís hoe hulle beheer wie van die strand af terugkom. Langs die sekerheids­huisie is ’n buitestort om die soutwater en seesand van jou af te spoel. Selfs al staan jy op die voorste staanplekk­e, is dit ’n stewige stappie tot op die strand. Maar ’n bietjie oefening is seker nie ’n slegte ding nie, veral as jy daardie

Van dié staanplekk­e af het jy ’n onbelemmer­de uitsig op die water, veral as jy heel voor staan.

ekstra kilogramme wat die meeste van ons gedurende die inperking aangesit het, in ag neem.

DIE WOONWAPARK IS IN twee dele verdeel. Die eerste, met amper 80 staanplekk­e, is naby die hek op die onderste terras. Van hier af het jy nie ’n uitsig oor die see nie, maar jy is meer beskut teen die wind. Die tweede deel het 28 staanplekk­e, en dié lê ’n paar meter hoër op die boonste terras. Van dié staanplekk­e af het jy ’n onbelemmer­de uitsig op die water, veral as jy heel voor staan. Jy kamp egter in die tande van die wind as dié die dag opsteek. As jy vir die boonste terras mik, hoor by die persoon wat jou help met jou bespreking of staanplek nr. 114 of 117 nog beskikbaar is. Dit is die twee beste staanplekk­e in hierdie deel van die woonwapark, want jy staan onder groot bome wat heeldag koelte gooi – veral in die bedompige hitte van die somermaand­e is dít ’n welkome lafenis. Jy staan ook so te sê heel voor in die kampterrei­n, wat beteken niemand gaan voor jou kom opslaan en jou uitsig bederf nie. Hier is nóg groot bome op die boonste terras, maar hulle staan deur die kampterrei­n versprei en jy is nie gewaarborg van koelte nie. Pak dus jou silwer seil en gazebo in om veilig te wees. Onthou ook jou stormtoue en -penne. >

 ??  ??
 ??  ?? WAT MEER WIL JY HÊ? Die staanplekk­e is groot, met plaveiblaa­ie, gras en oorwegend koelte. Van die meeste staanplekk­e op die boonste terras af het jy ’n uitsig oor die Indiese Oseaan. Die ablusieger­iewe is modern, skoon en netjies, en hier is selfs herwinning­sdromme sodat jy jou deel vir die aarde kan doen.
WAT MEER WIL JY HÊ? Die staanplekk­e is groot, met plaveiblaa­ie, gras en oorwegend koelte. Van die meeste staanplekk­e op die boonste terras af het jy ’n uitsig oor die Indiese Oseaan. Die ablusieger­iewe is modern, skoon en netjies, en hier is selfs herwinning­sdromme sodat jy jou deel vir die aarde kan doen.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa