Weg! Ry & Sleep

Luilekker deur die Klein-Karoo

Almal ken die R62 deur die Klein-Karoo, maar teerpaaie kom nie altyd by ál die mooi dinge van ’n streek uit nie. As jy weer in hierdie geweste toer, ry eerder dié agterpaaie.

- Teks en foto’s Evan Naudé

Die Klein-Karoo is een van ons land se beste langpadbes­temmings. En met reg ook, want die bekende R62 vat jou verby oulike platteland­se dorpies, oor indrukwekk­ende bergpasse en deur uitgestrek­te landskappe. Dan is daar boonop ’n netwerk van grondpaaie wat veel minder verkeer sien en vir jou om elke draai ’n ander gesig van die KleinKaroo wys. Langs die pad is daar selfs ’n natuurrese­rvaat en ’n paar lekker gasteplase met kampplekke en 4x4roetes waar jy in afsonderin­g kan afsaal. By sommige van hulle is daar geen sprake van ’n selfoonsei­n nie. As jy dus behoorlik wil wegkom en toegelaat word om jou te isoleer van die samelewing, is dié agterpaaie nét die regte medisyne.

Só ry jy

Draai 23 km buite Touwsrivie­r van die N1 af en ry suid met die R318 in die rigting van Montagu. Bly vir nagenoeg 27 km op die R318, tot net voor die Rooihoogte­pas, voor jy afdraai op die Nougaspoor­t

pad aan die linkerkant. Dié grondpad neem jou verby Leeuwenbos­chfontein, ’n ou gunsteling onder veldryers. Hier is ’n 4x4-roete van 20 km waarop jy die omliggende berge verken, sowel as ’n hindernisb­aan digby die kampeerple­k. ’n Hanetree verder in die pad af (8,5 km) is die Gecko Rock- private natuurrese­rvaat. Hier kan jy kamp en een van die twee veldryroet­es verken. Die rustige Bothashoek­roete (12 km) kan jy sonder 4x4 pak, terwyl die meer uitdagende Seattle Trail jou tot by ’n uitstekend­e uitkykpunt bo-op die berg lei. Ry anderkant Gecko Rock nog 20,5 km oos tot by die T-aansluitin­g met die P1432-grondpad. Draai hier links en ry 10,5 km tot by die volgende T-aansluitin­g, waar jy regs draai. Die westelike ingangshek na die Anysberg-natuurrese­rvaat is 2 km hiervandaa­n. Dié reservaat van 790 km2 lê in ’n uitgestrek­te vallei tussen die Kaapse Vouberg. Vat jou tyd hier en wees op die uitkyk vir sebra, koedoe, gemsbok en eland. Bring ’n verkyker, want die reservaat het minstens 180 voëlspesie­s. >

Min of meer in die middel van die reservaat is vyf kampplekke en vyf chalets met ’n lekker groot plaasdam waar jy op ’n warm Karoodag kan afkoel. Buiten stap-, bergfiets- en perdryroet­es het Anysberg ook ’n 4x4-roete, die Tapfontein­sirkelroet­e (21 km). En as jy behoorlik van die samelewing wil ontsnap, kan jy by Tapfontein oorslaap in een van vier weggesteek­te wendyhuise. Dié huisies is slegs met ’n 4x4-voertuig bereikbaar. Van Anysberg se kampplek af is dit 22 km tot by die oostelike hek. Draai buite die hek regs en mik oor die Klein-Swartberge­n Outolpas in Ladismith se rigting. Sowat 36 km van die Anysberghe­k af kry jy die afdraai vir die R323 na Barrydale. Hou hier regs, maar hou jou oë oop vir ’n afdraai, weer na regs, skaars 4 km verder. Feitlik onmiddelli­k nadat jy afgedraai het, vurk die pad – hou links. Dié grondpad vat jou 10 km suidwaarts deur die Grootrivie­rvallei tot by ’n aansluitin­g met die R62. Ry reguit oor die teerpad en hou jou bakkie se neus suid vir ’n verdere 13 km tot jy weer by die R323 uitkom.

Min of meer in die middel van die reservaat is vyf kampplekke en vyf chalets met ’n lekker groot plaasdam...

Draai hier regs, in die rigting van Riversdal. Dit is teer vir 15 km tot by die Matjiesriv­ier-afdraai na regs. Hier vat jou wiele weer grondpad en jy kruis die Brandrivie­r vóór jy 15,5 km verder by ’n T-aansluitin­g kom. Draai regs, maar soek dadelik die afdraai na links vir die Gysmanshoe­kpas. Dit is in die Boosmansbo­s-bewarea, ’n gebied met heelwat skaars fynbossoor­te. Volg die kronkelend­e pas suidwaarts oor die Langeberg. Aan die bopunt het jy ’n panoramies­e uitsig oor die Tuinroete – op ’n mooi helder dag kan jy selfs die see sien. Van hier af sien jy ook jou eindbestem­ming, Heidelberg, langs die N2.

 ??  ??
 ??  ?? N2
De Doorns
McGregor
Greyton
Robertson
N2
R62
Bonnievale
Riviersond­erend
N2
Montagu
R60
Swellendam
N2 De Doorns McGregor Greyton Robertson N2 R62 Bonnievale Riviersond­erend N2 Montagu R60 Swellendam
 ??  ??
 ??  ?? Die agterpaaie van die Klein-Karoo verras jou met ongerepte landskappe, ’n ryk dier-, voëlen plantlewe en in die winter selfs ’n bietjie sneeu op die bergspitse.
Die agterpaaie van die Klein-Karoo verras jou met ongerepte landskappe, ’n ryk dier-, voëlen plantlewe en in die winter selfs ’n bietjie sneeu op die bergspitse.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa