Weg! Ry & Sleep

UITHOEK-VAKANSIEOO­RD

-

VIS EN VELD

Die Oos-Vrystaat is seker die bekendste wegkomplek in dié provinsie, en dit is waar ’n nuwe kampplek op die been gebring is. Die Uithoek-vakansieoo­rd lê tussen Fouriesbur­g en Bethlehem en is nét die plek om ’n stukkie vrede in die natuur op te soek.

Die kampplek lê aan die noordelike voet van die Ventersber­g, en jy ry die kampplek binne met ’n netjiese plaveipad. In die middel van die kampplek, tussen die staanplekk­e, is twee ablusieblo­kke. Dit is sandsteenw­êreld dié, en ’n mens sien dit ook as jy na die badkamers kyk, want dit is met soliede blokke gebou. Hier is ook warm water en ’n opwasplek.

Die swembad is op die verste punt en hier is ook drie lapas vir koelte. Die kampplek self is een groot grasperk met verskeie mooi koeltebome. Elkeen van die 60 afgebakend­e staanplekk­e is 12 x 12 m groot en het sy eie driepuntkr­agpunt, kraan en losstaande braaier.

Links van die kampterrei­n is twee damme. Dit is hier waar jy kan kyk of jy ’n swartbaars of karp kan uittrek, maar onthou, die vis moet teruggegoo­i word.

Die damme se watervlak is afhanklik van die reënval, wat beteken dit is beter om in die somermaand­e lyn nat te maak.

As die visse effens traag is, kan jy aan jou dryfhoue skaaf. In die middel van die eerste dam is ’n eiland met ’n gholfputji­e. Jy hoef darem nie jou gholfstel saam te piekel nie, want die oordmense sorg vir ’n stok en balle.

As jy deur die plaashek is, is die kans goed dat jy wilde diere gaan sien – dié vlaktes is natuurlik swartwilde­beeswêreld, maar jy kan ook springbok, volstruis, gemsbok, waterbok en sebra te wagte wees.

Buiten hengel en wildkyk is hier meer as genoeg om jou besig te hou. Stap die rantjie uit op een van die twee staproetes of spring in jou veldryer en durf die 4x4-roete aan. Jou voertuig moet laestrekra­tte hê en die rit neem sowat 1½ uur. Terwyl jy in die veld is, hou sommer jou oë oop vir die omgewing se spesiale voëls – dalk sien jy die statige mahem of die hadida se skaars broerskind, die kalkoenibi­s.

Vir die meer avontuurlu­stiges is hier ’n kabelglyba­an met bane wat altesame 1,1 km lank is. Dit kos R500 p.p. en sluit die rit berg toe en terug in.

 ??  ?? N5
Slabberts
Bethlehem
R712
Clarens
R712
N5
Vrystaat
N5 Slabberts Bethlehem R712 Clarens R712 N5 Vrystaat
 ??  ?? R26
Fouriesbur­g
R26 Fouriesbur­g
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa