Weg! Ry & Sleep

’n Mosseltjie vir voorgereg

-

Maak die mossels goed skoon en verwyder die baard – indien nie, beland daar dalk ’n sandkorrel of drie in die pot.

Jy benodig

(genoeg vir 4 as voorgereg)

300 ml droë witwyn

1,5 kg vars swartmosse­ls, skoongeskr­op en baard verwyder

3 eetlepels knoffelbot­ter

1 eetlepel olyfolie

1 klein witui, fyngekap of gerasper 1 teelepel meel (opsioneel)

1 koppie room

1 suurlemoen

1 ciabatta, in skywe gesny

Só maak jy

1 Gooi die wyn in ’n swartpotji­e en verhit dit tot kookpunt. Voeg al die mossels by, sit die deksel op en stoom dit vir 5-6 minute tot al die mossels oopgegaan het – gooi dié weg wat nie oopmaak nie.

2 Skep die mossels uit en behou 1 koppie van die kookvloeis­tof. Breek die mossels oop en pak die skulpe met die mossels plat in ’n vuurvaste skottel – gebruik sommer foelie as jy nie skottelgoe­d wil vuilmaak nie.

3 Smelt die knoffelbot­ter en olie in ’n skoon potjie en soteer die ui stadig tot sag en glansend. Roer die meel by as jy van ’n dikker sous hou en braai dit vir ’n minuut. 4 Klits die koppie kookvloeis­tof by – ’n vurk werk net so goed as jy nie ’n ballonklit­ser het nie – gevolg deur die room. Geur die sous na smaak met gerasperde suurlemoen­skil en prut dit oor lae hitte tot dik, gaar en geurig. Proe en geur dit na smaak met sout en peper.

5 Drup die sous oor die mossels – moenie skaam wees nie! – en verhit die bord weer oor die kole as dit dalk te veel afgekoel het. Geniet die mossels saam met suurlemoen­wiggies en ’n lekker sny ciabatta.

sê Die mossels is net die antwoord vir ’n heerlike deelbord langs die kampvuur.

Ry & Sleep

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa