Weg! Ry & Sleep

Hou kop met jou aas

-

Min dinge is so frustreren­d as om jou aas te verloor wanneer jy ingooi. Jy ken daai gevoel... jy het pas die sardyn of makrielkop netjies aan die hoek, en met die ingooi trek die hoek en sinker soos ’n bom... maar die aas kom los en dis die einde van jou gooi.

Een oplossing hiervoor is die Dingle Dangle, wat ontwerp is om saam met ’n sirkelhoek gebruik te word. Jy kan dit as ’n verlenging beskou van die hoek waaroor die aas pas, én daar’s ’n deel waaraan ’n sinker kan inhaak.

Twee soorte is beskikbaar: die een is ’n kaal draad met ’n lussie aan die een kant wat oor die weerhaak van die hoek pas, en die ander het ’n dobbergede­elte oor die draad sodat die aas nie op die bodem lê nie, maar effens hoër wegdryf daarvan.

Die hoek self is dus omtrent heeltemal oop en gereed om sy werk te doen as die vis byt.

Laasgenoem­de is in vier groottes beskikbaar en nommerpas vir enigiets van kabeljou tot haaie.

Die kleiner soort werk goed vir aas soos viskoppe – harder of makriel – en het uiteraard ’n kleiner vlotvermoë as die groter weergawes.

Omdat die aas aan die Dingle Dangle vasgemaak is, kan jy dieselfde aas heelwat verder gooi as op die konvension­ele manier. Die Dingle Dangle is ook sterk genoeg sodat dit met die trefslag met die water nie aan flarde skiet nie.

Prys Vanaf R35 per pakkie (wat wissel van 3 to 10 Dingle Dangles, in verskillen­de groottes). Beskikbaar by hengelwink­els landwyd en in Namibië. Kontak Adrenalin Importers & Distributo­rs (invoerders) 021 982 1510 catches@4adrenalin.co.za adrenalinf­ishing.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa