Weg! Ry & Sleep

Krui jou ry

-

’n Bros sooltjie aan ’n tjoppie is een van die lekkerste lekkers wat daar is, maar dit kos fyn braai as jy dit wil rég kry.

Jy benodig

(genoeg vir 4)

4 lekker vet varklendet­jops met vel ’n ruim knypie sout

¼ koppie knoffelbot­ter

VIR DIE ROOSMARYNV­RYFMENGSEL 1 teelepel seesoutvlo­kkies

’n ruim knypie varsgemaal­de swartpeper

1 takkie roosmaryn, blaartjies gestroop ’n knippie droë gemengde kruie ½ teelepel elk droë ui en knoffel

Só maak jy

1 Druk die vleis goed droog, vryf die knypie sout in die vel en sit die vleis oornag oop in die yskas. Dié stap is nie noodsaakli­k nie, maar as jy die tyd het – en jou kampeerple­k die gerief – kan jy dit gerus oorweeg. Die yskas help die vog onttrek en dít laat die vel bros braai. 2 Maak die bestanddel­e vir die vryfmengse­l met ’n stamper en vysel fyn en vryf die vleis oraloor daarmee in. Rangskik die tjops regop langs mekaar en druk ’n sosatiesto­kkie deur om hulle so te hou.

3 Braai nou die tjops, stadig met die velkant eerste, oor matige hitte tot dit begin borrel en bros raak. Trek die stokkie uit en braai die tjops plat tot hulle mooi bruin is en gaar na jou smaak. Hou die tjops mooi fyn dop om ’n sappige stukkie vleis met ’n bros sooltjie te kry – vat dus jou tyd.

4 Smelt die knoffelbot­ter en verf dit die laaste minuut of twee oor die kole ruimskoots oor die vleis. Laat die tjops ’n paar minute rus en sit dit voor met die ekstra botter en gebraaide aartappels.

Ry & Sleep sê ’n Ander manier om ’n bros sooltjie te kry is om die swoerd in een strook van die tjops af te sny en dit dan te sout, droog te druk en apart van die tjoppies te braai – oor die kole óf in ’n pan.

Só maak jy

1 Meng die marinadebe­standdele in ’n Ziplocsakk­ie saam, voeg die vleis daarby en meng alles goed deur. Sit die sakkie vir minstens 3 uur in die yskas – oornag is ook goed.

2 Dreineer die vleis en druk dit effens droog met kombuispap­ier.

3 Braai die tjops oor warm kole – eerste die vetkant tot die vet mooi kleur kry, en dan vir 3-4 minute aan elke kant – maak seker die kole is nie só warm dat die vleis skroei voor dit gaar is nie. Verf van die die marinade aan en braai die tjops vir nog ’n paar minute aan elke kant tot hulle tot teen die been gaar is. Sit dit voor saam met geroosterd­e patat wat met die lemoen en sesamsaad gegeur is.

Ry & Sleep sê Gebruik sommer ’n skerp kombuisskê­r om die vel van die tjops te knip en seker te maak die vetlaag is egalig. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa