Weg! Ry & Sleep

Goed gekonfyt

-

Dié matige kerriesous met so ’n sweempie soet sal groot byval vind by die hele familie.

Jy benodig

(genoeg vir 6) 6 varklende- of -ribtjops, swoerd afgesny

VIR DIE MARINADE

½ koppie kookwater

2 eetlepels appelkoosk­onfyt

1 witui, grofgerasp­er 2 knoffelhui­sies, gerasper

1 eetlepel matige kerriepoei­er 2 eetlepels olyfolie

¼ koppie appelasyn

4 lourierbla­re

1 teelepel borrie (of rasper ’n vinger geskilde vars borrie by die sous) ’n ruim knypie sout, swartpeper en fyn koljander

Só maak jy

1 Roer die kookwater by die konfyt om dit te laat smelt en meng dan die res van die marinadebe­standdele daarby. Laat dit heeltemal afkoel.

2 Pak die tjops in ’n plat braaibak en giet die marinade oor sodat al die tjops bedek is (of gebruik sommer ’n Ziploc-sakkie). Laat dit vir minstens 30 minute marineer.

3 Braai die gemarineer­de tjops oor warm kole tot dit mooi goudbruin en gaar is – ná 10 minute kan jy begin toets vir gaarheid deur aan die vleis te druk: Dit moet ferm voel, maar nie kliphard wees nie, en rondom die been beslis nie meer pienk nie. Onthou om die vetkant ’n kleurtjie te gee – pak die tjops regop langs mekaar met die vetkant na onder en hou dit met die tang regop.

4 Kook die marinade vir ’n paar minute in ’n klein potjie tot dit dik is, en as jy wil, kan jy dit die laaste paar minute as ’n aanverfsou­sie gebruik. Strooi weer ’n knypie sout en varsgemaal­de peper na smaak oor die tjops terwyl hulle rus, en sit dit voor met jou gunsteling­bykosse.

Ry & Sleep sê Die gaarmaakty­d wissel na gelang van die grootte van die tjop en die hitte van die kole. Vir ’n sappige varktjop is 15 minute gewoonlik oorgenoeg. As jy twyfel, laat die vleis rus en toets om seker te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa