Weg! Ry & Sleep

Een vir almal en almal vir een!

-

’n Lamsrak is eintlik net ’n paar tjops wat nog aan mekaar vas is – dit lyk baie indrukwekk­end as jy dit met die soetsuur blatjang voorsit.

Jy benodig

(genoeg vir 4)

1 lamsrak (sowat 850 g) – maak seker daar is 8 beentjies (2 vir elk)

VIR DIE BLATJANG

2 uie, fyngekap

2 eetlepels olie

3 knoffelhui­sies, fyngedruk

1 brandrissi­e, gekap

1 stuk (2 cm) vars gemmer, geskil en gerasper ’n ruim knypie fyn naeltjies

2 lourierbla­re 1 teelepel masalakerr­iepoeier

2 eetlepels suiker

2 eetlepels tamarynsme­er (tamarind paste) – óf gebruik ’n geurige blatjang

1 koppie kokende aftreksel

Só maak jy

1 Maak die blatjang Braai die ui in die olie tot dit sag en glansend is. Roer die knoffel, rissie en gemmer by en braai dit vir nog ’n minuut of twee tot geurig. Roer nou die speserye, suiker en tamarynpur­ee by tot alles goed deurgemeng is. Roer laastens die aftreksel by en prut die mengsel tot dit dik en glansend word.

2 Sny enige oortollige vet van die lamsrak af sodat die vetlaag egalig is. Gebruik ’n skerp mes en maak snytjies oraloor die vetlaag sonder om in die oog van die vleis te sny – die Engelse noem dit scoring. Vryf die vleis in met sout en varsgemaal­de swartpeper plus ’n knippie droë kruie as jy dit byderhand het. 3 Braai die lamsrak tot goudbruin – begin met die vetkant. Jy kan ’n gietysterp­an oor die kole gebruik, maar pasop vir vet wat in die vuur beland – dit kan vlam vat. Hier moet jy wakker braai. Sodra die vet mooi bruin is, laat staan die rak regop op die been en braai dit vir 10 minute – dit sal gaaf wees as jy ’n deksel of braaibak oor die vleis omkeer sodat dit amper ’n oondjie vorm.

4 Draai nou die vleis om sodat die ribbene ondertoe en die vet boontoe wys, en braai dit vir nog 15-20 minute in jou kamma-ketelbraai. Die mikpunt is mooi pienk vleis met ’n bros, bruingebra­aide vetlagie. Sit dit voor met die tuisgemaak­te blatjang.

Ry & Sleep sê In die klassieke Franse kookkuns word die bene van so ’n lamsrak ge-“French”, wat beteken die lekkerste vet vleisie word afgesny sodat die rak bene wys. Dis jou keuse... >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa