Weg! Ry & Sleep

Allemintig!

-

Hanteer die boudtjops soos ’n lekker steak wanneer jy braai – die geheim is hoë hitte en ’n leksel vlam.

Jy benodig

(genoeg vir 6) 6 lamsboudtj­ops

VIR DIE MARINADE

1 koppie Griekse jogurt

½ teelepel elk droë ment en origanum 2 eetlepels gerasperde ui 2 knoffelhui­sies, gerasper

1 eetlepel vars suurlemoen­sap 2 eetlepels olyfolie

’n knippie gerookte paprika

’n knippie droë borrie (of gebruik 1 teelepel gerasperde vars borriewort­el)

Só maak jy

1 Meng al die bestanddel­e vir die marinade saam en laat die vleis vir 1-4 uur daarin lê.

2 Braai nou die tjops oor warm kole sodat dit mooi skroeilyne kry van die rooster. Dit moet ’n goeie kors maak, maar pasop vir brand. Skuif die vleis na ’n koeler deel van die rooster, geur dit met sout en peper na smaak en braai dit vir nog 3-4 minute aan elke kant om seker te maak dit is mediumgaar en sappig. (Die tjops moet vir altesame 12-15 minute braai, afhangend van hoe groot hulle is. Onthou om die vleis te laat rus voor julle wegval. Dis heerlik saam met ’n boneslaai!

Ry & Sleep sê Vir die slaai meng jy 200 g gaar groenboont­jies; 1 blik witen 1 blik suikerbone; 1 klein rooiui, gekap; en 200 g middeldeur­gesnyde kersietama­ties. Dollie die slaai dan op met ’n slaaisous wat jy maak met witwynasyn, goeie olyfolie, ’n knypie mosterd en ’n knippie suiker, en sout en peper. Heerlik! O, en die jogurtmari­nade is ook besonders saam met ’n gevlekte lamsboud.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa