Weg! Ry & Sleep

LESERS WYS HULLE ZA-PLAKKERS

-

Soos jy seker weet, het ons ’n magnetiese ZA-plakker ingesluit by eksemplare van ons Julie-uitgawe op winkelrakk­e. Heelwat lesers het foto’s gestuur van hulle rygoed met die plakker – geluk aan Jan Kruger, wenner van ’n Ry & Sleep-kamerasak ter waarde van R650, vir sy foto.

Vir sy brood en botter sit Jan Kruger van Pearly Beach tussen vier mure, maar die natuur is sy groot liefde.

“Hier op Pearly Beach is verskeie sandpaaie tussen die duine. Die foto is geneem ’n dag ná die groot storm in Julie hier in die Kaap. Ek het net gewag dat die wind bedaar vóór ek strand toe is. Dit was ’n skoon en vars oggend.

“Soos ’n mens op die foto kan sien, het ek nie my visstokke die dag saamgeneem nie. Ek stap dan gewoonlik af tot op die strand, van waar ek ingooi.

“Op ’n manier was hierdie eerder ’n mini-wegkomkans, want die twee reise wat ons vanjaar na Namibië beplan het, het weens Covid-19 deur die mat geval. Ons besoek Namibië gewoonlik in Mei.

“Dis juis waar die Ry & Sleep-ZA-plakker ter sprake kom. Ironies genoeg was hierdie bakkie van my nog nie oor die grens nie, want met sy 3 000 km op die klok is hy nog nuut. Die nommerplaa­t, “Nommer 7”, verwys na die hoeveelste Toyota Land Cruiser wat ek besit. Maar dit het ook ’n ander verwysing: In die destydse TV-reeks Jopie Adam was daar ’n donkie met die naam Nommer 7. Hierdie Cruiser het ’n reguit-sessilinde­renjin sonder ’n turbo.

Hy is dus hoogs betroubaar, maar nie die vinnigste nie – net soos Nommer 7!”

 ??  ??
 ??  ?? Jan wen hierdie Ry & Sleep-kamerasak ter waarde van R650. Baie geluk!
Jan wen hierdie Ry & Sleep-kamerasak ter waarde van R650. Baie geluk!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa