Weg! Ry & Sleep

NUWE RYGOED

Die vorige Land Rover Defender het drie dekades lank so te sê onverander­d gebly. Die jongste model, wat pas hier bekend gestel is, het ’n breë stel spore om in te volg, sê Kyle Kock.

-

SPESIFIKAS­IES

Model ................................Land Rover Defender 110 D240 First Edition Enjin ............................................................1 998 cc-viersilind­erturbodie­sel Krag ................................................................................. 177 kW @ 4 000 r.p.m. Wringkrag .................................................................... 430 Nm @1 400 r.p.m. Ratkas ................................................................................8 spoed-outomaties Tenk .....................................................................................................................85 ℓ Brandstofv­erbruik .....................................................................7,7 ℓ/100 km Topspoed ...............................................................................................188 km/h BVM ............................................................................................................ 2 940 kg Sleepgewig ............................................................................................. 3 500 kg Laairuimte ............................................................................................ 231-916 ℓ Veiligheid­sgradering .......................................... Nog nie beskikbaar nie Waarborg ............................................................................. 5 jaar/100 000 km Diensplan ............................................................................ 5 jaar/100 000 km Prys .......................................................................................................R1 260 600

Land Rover beweer die nuwe Defender is sy bekwaamste veldrymode­l tot nog toe. Buiten die reeds genoemde hoogtevers­telbare lugvering is die kar ook toegerus met ’n sensorstel­sel wat wys hoe diep jy in die water is (die maksimumwa­addiepte is 900 mm) en ’n 3D-kamerastel­sel wat jou help om versigtig tussen hinderniss­e te ry sonder om jou bakwerk seer te maak.

Met dié tegnologie kan jy ook ’n uitsig van tussen die voorwiele hê – ’n nuttige kenmerk wanneer jy teen ’n skerp helling uitry en net die blou lug van agter die stuur kan sien. As jy egter bykomende tegnologie soos ’n elektriese ewenaarslo­t wil hê, gaan jy ’n model met meer spesifikas­ies moet aanskaf.

Ongeag watter spesifikas­ievlak jy kies – die basismodel, S, SE of HSE – is daar vier pakkette waaruit jy kan kies om soveel modifikasi­es as moontlik by die fabriek self te laat doen.

Die Explorer-pakket sluit in ’n hoë luginlaat, liggewig dakrak en ’n 24 ℓ-kantkissie. Die Adventure-pakket het ’n afspoelste­lsel wat ontwerp is om vuil toerusting te was, ’n 20 ℓ-rugsak agter ’n sitplek se rugleuning en ’n geïntegree­rde kompressor. Die Country-pakket het klassieke moddersker­ms (volgens Land Rover), ’n afskorting in die laairuim en beskerming vir die wielboë. Die Urban-pakket het blinkhelde­r metaalpeda­le,

’n oortreksel vir die noodwiel en ’n pensplaat. Jy kan jou pakket verder aanpas na gelang van die lang lys van ekstras wat beskikbaar is, soos uitvousytr­appe, daklere, beskerming­stawe en verskeie dinge vir jou vellings en bande.

Daar is ’n funksie op Land Rover se webtuiste waar jy jou vir ure kan besig hou met al die verskillen­de keuses – ons stel voor jy doen dit vóór jy jou tjekboek uithaal. Net om seker maak jy kry presies wat jy wil hê.

Onder die enjinkap

Daar is drie enjinkeuse­s beskikbaar. Die een waarvoor ons waarskynli­k sal gaan, is ’n 2.0-dubbelturb­odieselmod­el met 177 kW en 430 Nm – ’n mens het nie regtig meer nodig nie. Daar is ook twee petrolmode­lle: die 2.0-turbopetro­l (221 kW en 400 Nm) en die 3.0-sessilinde­r met ’n turboanjae­r, superaanja­er en ’n elektriese enjin, wat hom in wese ’n hibriede voertuig maak. Dié vlagskipmo­del wek 294 kW en 550 Nm op.

Land Rover sê hy gaan in die eerste jaar “First Edition”-modelle in Suid-Afrika beskikbaar hê met al die katoeters waaraan jy kan dink. Die vervaardig­er wil hê jy moet die meeste waarde vir jou geld kan kry.

Ons sal hom in wit vat, dankie!

R1 500 700

R1 489 000

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? OP DIE PUNTE VAN JOU VINGERS. Die Defender het al wat ’n katoeter is, insluitend die 10”-raakskerm waarmee jy Land Rover se jongste geslag vermaak- en inligtings­elsel beheer.
OP DIE PUNTE VAN JOU VINGERS. Die Defender het al wat ’n katoeter is, insluitend die 10”-raakskerm waarmee jy Land Rover se jongste geslag vermaak- en inligtings­elsel beheer.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa