LESERSTORIE
Bo en behalwe sy veilige en stemmige gesinsmotors is die vervaardiger Volvo se militêre voertuie nommerpas om in veldryvoertuie te omskep, sê Rick Schampers van Oslo in Noorweë.
Heelwat kampeerders en veldrygeesdriftiges is eensydig wanneer dit by sekere handelsname kom. En ’n mens kan hulle nie regtig verkwalik nie, veral as hulle jare se kommervrye diens by ’n spesifieke vervaardiger gekry het. Dit is presies hoe Rick Schampers oor Land Rover gevoel het. Trouens, hy het vier van hulle besit voordat hy op dié seldsame vonds afgekom het.
Ek het nog altyd Land Rovers gery, en toe ek van Nederland na Noorweë verhuis, het ek ’n 2003-model Defender Td5 besit. Maar die invoerbelasting in Noorweë is buitensporig duur en dit sou my €15 000 (in 2017 meer as R250 000) kos om my Landie in die nuwe land te laat registreer. Die Defender was nie eens soveel werd nie, en daarom het ek hom eerder verkoop toe ek hierheen trek.
Ek het op die internet na ’n ander Land Rover gesoek, maar toe sien ek die Volvo L3314 – of Valp (wat “hondjie” beteken), soos hy in Skandinawië gedoop is weens sy effense lomp ont
werp. Hoewel ek al sedert my tienerjare ’n veldry-entoesias is, het ek nog nooit dié ryding gesien nie. Hulle is nogal seldsaam en daar is maar rondom 9 000 van hulle gebou – en dit was oorwegend vir die Sweedse weermag. Daar was darem ’n hand vol wat vir die breë publiek beskikbaar gestel is.
Ook van die tweede geslag, die C202, is sowat 3 000 gebou. Daar was ’n paar tegniese verstellings aan hierdie opgedateerde model, wat in Hongarye gebou is eerder as in Volvo se Sweedse fabriek.
Ek het baie in die L3314model belang gestel, want die ryding het na groot pret gelyk teen ’n skaflike prys. So besluit ek drie jaar terug om hierdie 1968-model aan te skaf vir
€3 000 (sowat R60 000). My aanvanklike plan was om hom net vir ’n jaar of wat te hou tot ek genoeg gespaar het om weer vir my ’n Defender te koop. Ek het egter só geheg geraak aan die klein karretjie dat ek ’n jaar later besluit ek gaan hom nie verkoop nie. Ek sou die geld wat ek vir ’n Defender sou gebruik, eerder inspan om die Valp in ’n ernstige veldryer te omskep.
Die Valp was toe 49 jaar oud en vir ’n groot deel van sy leeftyd ’n militêre voertuig.
Maar sedert sy uittrede is hy effens afgeskeep. Hoewel hy nog gery het, het hy baie liefde en toewyding nodig gehad toe ek hom gekoop het. Ek het dadelik begin beplan hoe om hom op te bou en aan te pas. My heel eerste reis in die Volvo was in Desember 2017 in Noorweë.
’n Buiging om te onthou
Kort ná ons vertrek het, het ons besef die kar se verwarmer werk nie na wens nie. En omdat ek nie geld gehad het vir ’n konvensionele verwarmer nie, het ek vir my ’n liggewig houtstoof gekoop en dié vir die eerste jaar gebruik wanneer ons in koue toestande kamp.
Dit was goed en wel om die plek warm te maak, maar ons kon nie juis die temperatuur reguleer nie. Ons het dit ook nie gewaag om te gaan slaap met die stoof wat nog brand nie, wat beteken in die middel van die nag en in die oggende was dit ysig koud in die voertuig.
Die roet het ook mettertyd in die binneruim begin aanpak, en om die waarheid te sê het ons nooit heeltemal veilig gevoel met dié tussentydse plan nie. >
Hoewel hy nog gery het, het hy baie liefde en toewyding nodig gehad toe ek hom gekoop het.
het ek teruggekeer na dié land van vuur en ys. In daardie stadium het ek nog nie veel aan die Volvo verander nie, behalwe vir ’n namarkse wenas en 35”-modderterreinbande. Ek het ook die remme, koppelaarplate en vloeistowwe vervang vóór ons na Ysland vertrek het.
Dit is ’n land met ’n unieke landskap, skouspelagtige natuurtonele en van die beste plekke om met jou veldryer te verken, want hier is fantastiese kampplekke en 4x4-roetes. Die Valp het Volvo se reputasie vir betroubaarheid gestand gedoen en ons het vier weke lank sonder enige probleme gereis. Ek moes wel ’n rempyp vervang, maar dit was vinnig en maklik. Op pad Ysland toe het ons ’n klomp Defender-bestuurders op die veerboot ontmoet en op die derde week van die reis het ons hulle weer raakgeloop. Hulle was totaal en al oorbluf dat die Valp nog aan die gang is.
’n Nuwe baadjie
Terug by die huis was dit tyd vir broodnodige opgraderings. Daar is nie regtig meer toebehore en modifikasies vir ’n Valp beskikbaar nie, en daarom moes ek ’n klompie goed spesiaal laat maak en onderdele van ander 4x4-voertuie gebruik.
Ek het die binneruim heeltemal gestroop en dit aangepas
om ’n leef- en slaapruimte te hê met ’n tafel wat jy laat sak om ’n bed te vorm. Daar is ook nou ’n kombuishoekie met ’n moderne stoof en oond, en ’n wasbak met lopende water (hiervoor is daar ’n 40 ℓ-tenk). Ek gebruik ’n Webasto-dieselverwarmer om die water warm te kry. Ja, dis nie so oulik soos die ou houtstoof nie, maar aansienlik praktieser.
Ek het ook vir die Valp ’n dubbelbatterystelsel ingebou én hy het nou ’n televisie vir die dae as dit vroeg donker word.
Ek het besluit om die oorspronklike Volvo B20-enjin te hou. Dit is ’n 2 ℓ-viersilinderenjin sonder ’n aanjaer, maar hy wek