Weg! Ry & Sleep

KAMPBOFFIN

Ons is eintlik bederf met die stroppe en rektoue waarmee ons moeiteloos ons kampgoed vasmaak, maar dit kan nie seermaak om ons basiese kennis oor knope op te skerp nie.

- Teks Kyle Kock Foto’s Kyle Kock en Getty

VRAGKNOOP

Die oorsprong van dié gewilde knoop wat jy in ’n japtrap lostrek, lê by vragmotorb­estuurders wat hulle vrag stewig moes vastrek. Dit word ook gereeld in die landbou ingespan, veral op sleepwaens. Dit maak nie saak wat jy hom noem nie – in Engels is dit bekend as die “trucker’s hitch”– dis ’n baie nuttige knoop as jy iets onder ’n seil moet vasmaak. Hierdie weergawe maak maklik los, wat beteken jy kan jou goed moeiteloos aflaai wanneer jy jou bestemming bereik.

“Almal gebruik hierdie knoop om ’n vrag op ’n laaibak vas te maak,” sê die bergklimke­nner Rob Thomas.

PAALSTEEKK­NOOP

Hierdie is ’n veelsydige knoop met ’n veilige lus aan die einde van jou tou wat jy vir verskeie gebruike kan aanwend. Jy hoef jou nie te bekommer dat hierdie outjie gaan lostrek wanneer jy hom vasgeknoop het nie, maar wanneer jy hom moet losmaak, is dit net so maklik.

“Die meeste rots- en bergklimme­rs gebruik variasies wat verhinder dat die paalsteek – oftewel “bowline” – loskom, maar daar is nie ’n beter knoop as jy ’n lus aan die einde van jou tou nodig het nie,” sê Justin Lawson van Climb ZA.

Stap 1

Hou die tou slap en maak ’n lus in die deel wat reeds oor jou vrag is. Herhaal die lus in die los deel van die tou en ryg dit deur die eerste lus om ’n hangende lus aan die onderkant te vorm.

Stap 1

Maak ’n klein lus en los genoeg tou vir die grootte lus wat jy benodig.

Stap 2

Voer die los deel van die tou deur die onderste lus en óm die hoek.

Stap 2

Voer die punt van die tou deur die lus.

Die meeste van ons weet darem hoe om ons skoenveter­s vas te maak en party weet selfs wat die basiese struktuur van ’n platknoop is, maar tog is daar baie mense wat nie regtig weet wat die beste manier is om ’n vrag vas te trek of ’n tou om ’n boom te span nie.

Ons het ’n klompie kenners geraadplee­g wat daagliks met knope werk – en ’n paar waardevoll­e wenke gekry.

Almal gebruik hierdie knoop om ’n vrag op ’n laaibak vas te maak, sê die bergklimke­nner Rob Thomas.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa