Weg! Ry & Sleep

Ag(ie) Ma!

-

“Ek het hierdie foto by Skukuza geneem waar die blouaapwyf­ie besig was om van die besoekers fyn dop te hou – waarskynli­k het sy gehoop sy kry ’n bietjie oorskiet. Die kleintjie was toe al ’n rukkie besig om aan haar te drink, maar het op ’n kol vas aan die slaap geraak en in haar arms omgeval.”

’n Mens kan nie anders as om te glimlag wanneer jy die foto sien nie. Al beslaan die ma-aap verreweg die grootste deel van die foto, kan jy nie die vreedsame gesiggie van die kleintjie miskyk nie. Al sien jy die ma se gesig eerste raak, haak jou oog by die kleintjie vas – wat dit die fokuspunt maak. Boonop kyk die groter aap weg van die kleintjie, uit die foto, wat ook jou oog spontaan na die kleinding toe trek.

Buiten dat ’n mens met die klein apie se vreedsaamh­eid kan vereenselw­ig, is hier iets anders wat subtiel bydra tot die mooi oomblik: Die kleinding se gesig is heeltemal dwars gedraai, wat nogal aardig is omdat dit ongemaklik lyk. Dis dié soort “ongemak” wat vir ’n interessan­ter foto sorg.

Op die oorspronkl­ike foto is die derde regs onnodig. Hier is niks detail te sien en dit dra ook niks by tot die negatiewe spasie as ’n mens aan komposisie dink nie. Boonop word die ma-aap se poot afgesny.

Om die foto nóg treffender te maak kan jy dit na swart-enwit verander. Maar dit op sigself is nie genoeg nie – as jy die foto effens ligter maak en die kontras verhoog, spring heelwat meer detail uit. (Jy raak dan ook sommer ontslae van die grys agtergrond en jy sien meer van die groter aap se gesig.)

Jy kan ook die wit skakerings nóg witter maak – dan voel jy omtrent elke haartjie op die twee diere.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa