Weg! Ry & Sleep

Dis darem ’n harde blaar...

-

“Hierdie was ’n jong kameelperd­koei naby Mopani wat sowaar aan ’n stukkie droë been staan en kou het. Dít terwyl sy ons met haar groot oë en lang wimpers dopgehou het.”

’n Kameelperd is seker die elegantste dier, maar ook een van die uniekstes wat voorkoms betref.

Maar soos ’n mens kan sien is dit ook ’n aardige dier.

Eerstens verwag jy nie van ’n blaarvrete­r om aan ’n stuk been te kou nie. Die been is boonop mooi in die middel van die foto en jy kan nie help om die dier se bek eerste raak te sien nie. Daarby staan haar onderkaak kant toe, wat jou die idee gee sy is besig om te kou. Intussen – en soos Johan uitwys – kyk sy jou stip in die oë, so half asof die dier wonder waarna jy kyk. Dit sorg vir ’n komiese oomblik.

Om die foto meer lewe te gee kan jy die tegniese kant daarvan opkikker. Dit is effens onderbelig, en weens die bewolkte toestande (of die afwesighei­d van direkte sonstrale) effens vaal. Jy kan dit ophelder en “warmer” maak as jy die foto se kleurtempe­ratuur verhoog. Eenvoudig gestel maak jy die foto geler.

Om die dier se aardigheid verder te beklemtoon kan jy die fotoraam nader om die dier se gesig trek. Hier raak sake egter meer subjektief en nie almal sal saamstem nie. Jy kan byvoorbeel­d sy horinkies afsny – dit pla nie regtig nie, want jy weet waarna jy kyk. As jy nou terugstaan, sien jy die volgende vreemde verskynsel: Die gesig is sowaar vyfkantig!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa