Weg! Ry & Sleep

Land Rover al hoe meer sleepvrien­delik

-

Land Rover het pas aangekondi­g dat hy sy Advanced Tow Assist-stelsel nou op al sy modelle beskikbaar gaan stel. Deesdae is sleepwa-swaaibehee­r nie meer ’n nuwigheid nie en ’n mens sien die stelsel wyd en syd op verskeie nuwe motors, insluitend Land Rover-modelle. (Dis ’n elektronie­se stelsel wat inskop sodra dit bewus word van woonwa-swaai. Dit sal tipies enjinkrag verminder en sekere wiele rem om die swaai teë te werk.)

Maar met die Advanced Tow Assist-stelsel troef Land Rover ander vervaardig­ers wat woonwaslee­p betref. Buiten die trukamera (wat algemeen onder ander vervaardig­ers gebruik word) las Land Rover nou nóg vier sleep-vriendelik­e hulpmiddel­s by: Jy kan die hoogte van die stang se bol bo die padoppervl­ak verstel vóór jy haak, die kar gebruik ’n eie ligtetoets met die woonwa gehaak, en die sleepstang het ’n ingeboude skaal om die gewig van die koppelstuk op die bol te meet. Laastens kan jy sonder om aan die stuur te raak terugstoot terwyl die rekenaar jou help sodat jy nie hoef te vorentoe en te agtertoe totdat jy jou staan kry nie.

Die bolhoogte-verstellin­g is wel net moontlik op modelle wat met lugvering toegerus is. Dit geld vir die Discovery, die nuwe Defender en Range Rover, asook die Range Rover Sport en Velar. Dit is byvoorbeel­d handig as jy meer 14 as een sleepding het waarvan die koppelstuk­hoogte verskil. Die hoogtevers­telling is uiteraard ook handig as jy byvoorbeel­d swaar items in en uit die bagasierui­m moet laai.

Sodra jy haak gaan ’n mens gewoonlik die ligte van die woonwa na. Dis ’n oefening waarvoor jy hulp nodig het, want iemand moet agter die wa staan en sê watter lig werk en watter een werk nie. Nou sit Land Rover se rekenaar hand by om te bepaal of daar ligte op die wa is wat nie werk nie. Die ligtetoets geld vir die Land Rovers en Range Rovers wat met die opsionele elektriese uitswaaiha­ak toegerus is.

Hoe swaarder die gewig op die bol van die haak, soveel meer stabiel sleep jou woonwa, maar ’n mens kan maklik die 100 kg wetlike perk oorskry. Die Discovery en nuwe Defen- >

 ??  ?? ALMAL OP DATUM. Die Land Rover Discovery HSE Si6 Luxury is ‘n voorbeeld van ‘n model 2 jaar gelede wat met gevorderde sleephulpm­iddels verskyn het. Vandag geld dit ook vir ander Land Rovers.
ALMAL OP DATUM. Die Land Rover Discovery HSE Si6 Luxury is ‘n voorbeeld van ‘n model 2 jaar gelede wat met gevorderde sleephulpm­iddels verskyn het. Vandag geld dit ook vir ander Land Rovers.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa