Weg! Ry & Sleep

Langpad met ’n bussie

Die MercedesBe­nz V-klas V300d het pas aangeland en hy het beslis potensiaal as ’n luukse kampbussie, sê Cyril Klopper.

-

middels as ’n tipiese Volvo nie, maar hy’t nietemin 5 sterre losgeslaan in ’n Europese NCAP-botstoets.

Tydens die bekendstel­ling, via die internet weens die Covid-pandemie, was MercedesBe­nz Suid-Afrika besonder in sy skik met die multimedia-stelsel. Mercedes se vorige COMAND-stelsel is vervang met die nuwe MBUX-stelsel. Die 10,25’’-raakskerm praat met jou foon via Bluetooth en Apple CarPlay en Android Auto, luister na jou stembevele en het ’n ingeboude Burmester-klankstels­el met 16 luidspreke­rs regdeur die binneruim.

Onder die enjinkap

Model ........................................................ Mercedes-Benz V300d Exclusive Enjin ............................................................1 950 cc-viersilind­erturbodie­sel Krag ................................................................................. 176 kW @ 4 200 r.p.m. Wringkrag .................................................................... 500 Nm @1 500 r.p.m. Ratkas ................................................................................9 spoed-outomaties Tenk .....................................................................................................................70 ℓ Brandstofv­erbruik .....................................................................6,1 ℓ/100 km Topsnelhei­d .........................................................................................220 km/h Vraggewig .................................................................................................. 730 kg Sleepgewig ............................................................................................. 2 000 kg Laairuimte ..................................................................................................... 730 ℓ Veiligheid­sgradering ............................... (EuroNCAP 2014) Waarborg ....................................................................................................... 2 jaar Diensplan ............................................................................ 5 jaar/100 000 km

....................................................................................................R1 645 880

Die V300d het ’n 2 ℓ-enjin met ’n kapasiteit van 1 950 cc, die sogenaamde OM654-enjin, wat onder meer in die S-klas gebruik word.

Dié enjin wek 176 kW krag en 500 Nm wringkrag op, en die wringkrag kan vir kort periodes tydens versnellin­g met ’n verdere 30 Nm opgestoot word. Dís aansienlik meer as enige van sy mededinger­s.

Die V300d gebruik ook Mercedes se 9G-Tronicouto­matiese ratkas (nege ratte) wat oorspronkl­ik in die S-klas bekend gestel is.

Die V300d se topspoed is 220 km/h met ’n versnelsyf­er van 7,8 s tot 100 km/h. Dis myle vinniger as sy mededinger­s, veral die Hyundai H-1 wat 17 sekondes nodig het om op dieselfde spoed te kom, en dít met ’n 2.4-petrolenji­n teenoor die Merc se 2 ℓ-diesel.

Nie dat jy ooit so vinnig met jou gesin moet ry nie, veral nie tussen Skukuza en Punda Maria nie.

R695 600

R704 500

R1 149 400

Ford Torneo 2.2 TDCi LWB Trend

Hyundai H-1 2.5 VGTi

Volkswagen T6.1 Caravelle

 ??  ?? LUS VIR ’N BUS. Hy’s nie ’n veldryer nie, maar jy kan hom omskep in ’n ryhuis soortgelyk aan die Marco Polo-weergawe (regs). Jy kan die middelste ry sitplekke omdraai om agtertoe te kyk, ’n tafel oopvou en sodoende ’n tipe sitkamer skep (onder).
LUS VIR ’N BUS. Hy’s nie ’n veldryer nie, maar jy kan hom omskep in ’n ryhuis soortgelyk aan die Marco Polo-weergawe (regs). Jy kan die middelste ry sitplekke omdraai om agtertoe te kyk, ’n tafel oopvou en sodoende ’n tipe sitkamer skep (onder).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa