Weg! Ry & Sleep

Armadillo se reggepluk

Die Kaapse woonwaverv­aardiger Xtreme Outdoor is besig om mooi vooruit te boer, veral as ’n mens kyk na die nuwe Armadillo XTR 302-model, sê Leon Botha.

- >

Vroeg vanjaar het Xtreme Outdoor se nuwe eienaars die Armadillo XTR 302 as nuwe model by sy reeks gevoeg. Die slaapgedee­lte van dié wa, wat vir twee mense ontwerp is, strek van kant tot kant regs van die deur soos jy inklim.

Daardie wa is nou aangepas met van die voorstelle wat hulle van klante ontvang het, sê Jason Collie, mede-eienaar.

Soos hy nou op die vloer staan, is hy kant en klaar. Terwyl tot drie ontwerpers aandag geskenk het aan die teken (en wéér teken) van die Armadillow­aens,

het hulle nou met die 302 ’n vaste ruggraat gevestig vir waens vorentoe.

Die vervaardig­er gebruik Al-Ko-produkte vir die as, remstelsel, neuswiel en hoekstutte. Die raamwerk van die onderstel self word van staal gebou – en vir van die balke word 3 mmstaal gebruik pleks van 2 mm. Die staalwerk word boonop gegalvanis­eer voordat die Al-Kokomponen­te hulle plek kry.

Die romp se raamwerk bestaan uit aluminiumv­ierkantpyp wat oorgetrek is met ’n dubbellaag aluminiump­laat – binne én buite. Die algemeenst­e

poeierverf-afwerking is sy bekende Oyster Silver, maar kopers kan ook wit of donkergrys kies.

Veranderin­ge

Vergeleke met die vorige weergawe staan die onderstel nou 3 cm hoër bo die grond, met die 15”-wiele wat plek maak vir 16”-weergawes.

Die ys-vrieskas se glyraam is links van die deur, en bo en aan die kant is die opening vir die glyraam met 6 cm vergroot. Dit beteken selfs van die grootste ys-vrieskaste, soos National Luna se 90 ℓ-model, kan nou op die raam pas.

Die raamwerk vir die los skottelgoe­dwasbak en -droograk wat op die punt van die ys-vrieskas se glyraam pas, kan soms ’n beslommern­is wees, veral as jy die ys-vrieskas kort-kort moet in- en uittrek.

Dié raamwerk kry nou ’n tweede staanplek by die neuskas. Omdat dit met ’n verstelbar­e stutpaal toegerus is, is ’n ongelyk staanplek nie ’n probleem nie.

’n Welkome veranderin­g in die kombuis is die enkelplaat­gasstoof waarvan afgesien is; voortaan is twee plate standaard. Die twee 3 kg-gassilinde­rs staan in ’n kas van hulle eie wanneer jy omstap na die stert toe. Jason sê die gaspypwerk wat deur die wa loop, word deur ’n gekwalifis­eerde kundige afgeteken, maar dis die nuwe klep tussen die twee silinders wat die oog tref. Albei silinders is gekoppel aan dieselfde klep sodat jy van die een na die ander kan oorskakel wanneer die gas opraak. Hiernaas is ’n gasreëlaar vir die toevoer na die stoof en geiser. Dit beteken die geiser én gasstoof kry laedrukgas.

Om die hoek, by die stert

aan die regterpane­el se kant, is ’n nuwe wasgoedlyn wat op elke woonwa hoort.

Ons het al elders sulke idees gesien, maar die 302 neem dit ’n stap verder: Die raamwerk vir die wasgoedlyn – wat teen die bakwerk rus – swaai boontoe, maar dis agter ’n plat deksel wat jy eers moet opslaan.

Dit beteken die wasgoedlyn het ’n dakkie oor as ’n reënbui jou in die kampplek onkant betrap. Verder kry die kas onder die wasgoedlyn se deur ’n gasstut sodat die wind dit nie rondwaai terwyl dit oopstaan nie (dieselfde geld vir die kas aan die oorstaande kant), en die houtrak op die neuskas kry ’n paar ronde ankerpunte.

Omdat opwipdakwo­onwaens se romp so laag is, is die bokant van die buitedeur se kosyn net so laag. Om sake te vergemakli­k wanneer jy inklim, pas ’n los trappie nou onder die drumpel in die romp – dit staan omtrent halfpad tussen die vloer en die buitekant.

Veral by padwaens sien jy dikwels ’n versonke trappie binne die wa, maar met ’n laer trappie buite gaan jy waarskynli­k in die wa kan klim sonder om jou kop te stamp.

Sonder enige trappie – soos wat ’n mens hier en daar sien – beteken dit bene rek vir die inklimslag... en dan moet jy koes vir die kosyn.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? DUBBEL TOT ENKEL. Die gassilinde­rs staan in
’n hoë kas by die stert. Buiten dat elkeen ’n klep het, word die silinders verbind waar dit by die gasreëlaar bymekaarko­m. Hier is ’n bykomende klep, wat dit dus ekstraveil­ig maak.
DUBBEL TOT ENKEL. Die gassilinde­rs staan in ’n hoë kas by die stert. Buiten dat elkeen ’n klep het, word die silinders verbind waar dit by die gasreëlaar bymekaarko­m. Hier is ’n bykomende klep, wat dit dus ekstraveil­ig maak.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? VYFSTER. Die nuwe 302 se elektriese stelsel het heelwat aandag gekry. Dit loop oor van ligte – en niks is oorbodig nie. Al die ligte word in vyf groepe verdeel wat jy dan elk afsonderli­k met ’n skakelaar kan beheer. Elke liggie het ook sy eie skakelaar by hom.
VYFSTER. Die nuwe 302 se elektriese stelsel het heelwat aandag gekry. Dit loop oor van ligte – en niks is oorbodig nie. Al die ligte word in vyf groepe verdeel wat jy dan elk afsonderli­k met ’n skakelaar kan beheer. Elke liggie het ook sy eie skakelaar by hom.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa