Weg! Ry & Sleep

NOOITGEDAC­HT-FORELLODGE

-

Jy kry plekke waar die visse heeldag byt... en dan kry jy ’n plek soos die Nooitgedac­htforellod­ge waar jy jou kamp reg langs ’n vistelery opslaan.

Dié telery is net anderkant Lydenburg en bestaan al langer as ’n halwe eeu. Nooitgedac­ht se kampplek is ’n entjie van die broeiplaas af, teen die Spekboomri­vier.

Die enigste voorwaarde om Nooitgedac­ht te besoek is ’n voertuig met ’n hoë grondvryho­ogte: Die laaste 16 km tot by die kantoor is grondpad, en in die 1,5 km van hier tot by die kampplek moet jy oor drie waterhinde­rnisse kan kom.

Die kampplek self is ’n netjiese grasperk. Die rivier met sy skoon water vorm die een grens, en tussen jou en die veld is ’n klompie bome rondom die grasperk. ’n Gemesselde braaiplek is omtrent in die middel van die grasperk gebou, en langsaan staan die ronde vuurput van klip as julle ná ete oor die dag se vangs wil spog.

As meer as twee gesinne bespreek, hou die eienaars die plek uit vir jou en jou mense. Hier is plek vir tot 30 gaste.

Jy moet selfversor­gend wees, want hier is geen krag nie en ook nie selfoonont­vangs nie. Jy hoef darem nie koud te stort nie, want in die badkamer sorg ’n gasgeiser vir warm water.

As jy vlieghenge­l geniet, gaan jy in die sewende hemel wees. Jy kan teen die rivier kamp opslaan en omtrent uit jou kampstoel hengel. Diegene wat wil lyn natmaak, moet wel ’n eenmalige hengeltari­ef van R350 betaal. Die vang-en-laat-gaan-reël geld, en as die vis per ongeluk seergekry het, moet jy hom neem en daarvoor betaal.

Die kamp is langs die Nooitgedac­htdam, een van die twee groot damme op die plaas. Ook hier kan jy lyn natmaak – en as jy dan nóg nie genoeg gehad het nie, is daar nóg drie kleiner damme.

Vis Bruin- en reënboogfo­rel.

Kampplek 1 groot grasperk teen ’n rivier met plek vir tot 30 mense. Ablusieger­iewe 1 badkamerge­bou met warm water.

Prys R200 p.p.p.n. (R150 vir kinders; gratis vir o.2’s).

Aankoms- en vertrektyd Geen vasgesteld­e tye nie.

Kontak 071 088 0606 of 063 002 2355 nooitgedac­httroutlod­ge.co.za enquiries@nooitgedac­httroutlod­ge. co.za

Naaste dorp Lydenburg 22 km.

Hoe lyk die pad? Die laaste 17,5 km is grondpad, en jy moet deur 3 waterhinde­rnisse ry om by die kampplek uit te kom. GPS S25.067153 E30.574511

Ry & Sleep sê Troeteldie­re is welkom, maar reël vooraf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa