Weg! Ry & Sleep

Makliker met dié harder

-

Die harder is omtrent ’n wêreldburg­er as ’n mens kyk hoe wyd hulle verspreidi­ng is. Wêreldwyd is daar nie minder nie as 70 spesies, waarvan ’n goeie 16 in ons waters voorkom – en al wat roofvis is, is lief vir hom. Dit is dus nét die ding as jy ’n kunsaas oorweeg om byvoorbeel­d leervis of kabeljou te probeer vang.

LiveTarget se Commotion Mullet is ’n namaaksel van ’n jong harder. Die aas se grootste deel (die lyf) bestaan uit ’n voubare sintetiese materiaal waardeur die dubbele hoek loop. Elk van die weerhake krom teen en weerskante van die lyf uit. Dit beteken hy gaan nie sommer aan seegras of ander strukture onder die water vashaak nie.

Wanneer die roofvis toeslaan, gee die lyf mee om die hoek in sy bek te haak.

Die stertdeel van die aas is ’n Coloradole­pel wat ’n borrelspoo­r agterlaat soos jy hom nader katrol. Nader aan die ware Jakob kan dit dus beswaarlik. En omdat die aas ’n loodgewigg­ie in die onderkant van sy lyf het, “swem” die aas regop.

Harders verkies sand-, slyk- en modderbode­ms. Maak dus gerus ’n draai by die naaste riviermond­ing of dokke om te sien wat in die Commotion Mullet steek.

Prys Die aas is in twee groottes beskikbaar en kos dieselfde: 90 mm (18 g) en 100 mm (21 g). Vanaf R225 elk in hengelwink­els landwyd en in Namibië.

Kontak Adrenalin Importers & Distributo­rs (invoerders) 021 982 1510 catches@4adrenalin.co.za adrenalinf­ishing.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa