Weg! Ry & Sleep

Lekkerry4x­4roetes

Die provinsial­e grense is weer oop en dis tyd om ’n lang draai te gaan ry met jou trokkie. Hier is vyf gunsteling­roetes binne Suid-Afrika se grense.

- Teks Cyril Klopper

Gedurende vlak 2 van die Covid-19-inperkings­maatreëls mag ons nog nie oor die landsgrens­e reis nie – maar dit is geen probleem nie, want in Suid-Afrika is immers heelwat te sien. Elkeen van die roetes wat ons hier noem, gaan jou vir langer as net een dag besig hou. Laai dus jou tent of haak jou boswa, en pak genoeg kos in vir ongeveer ’n week.

Let wel, ons het nie die heel uitdagends­te roetes in Suid-Afrika gekies nie, hoewel elkeen wel uitdagings bied as jy kans sien om hulle te takel. Anders kan jy hulle bloot omseil.

Ons noem ook vyf belangrike items wat ons jou ten sterkste aanraai om saam te neem. Mooi ry... en neem baie foto’s!

Hierdie roete begin op Barberton en neem jou noordwaart­s na die Blyderivie­rvallei. Die wêreld hier is sinoniem met bosbou en mynbedrywi­ghede, en eersgenoem­de beteken natuurlik hier is ’n magdom bosboupaad­jies wat deur plantasies vleg.

Mik eers met die R40-streekpad deur die De Kaapvallei tot op Kaapsche Hoop. Vat van daar af dan die gelyknamig­e pas tot in Nelspruit. Uit Nelspruit volg jy dan die N4-snelweg vir 25 km en draai af op die R539 na die Sudwalagro­tte. Ná jou besoek aan die grotte is dit verder noord met die R539, oor die Sudwalapas, tot op Sabie vir ’n vroeë middagete. Hier is pragtige besienswaa­rdighede soos die Lone Creek-, Bridal Veil- en Sabie-waterval.

Jy kan die Mac Mac-4x4-roete takel as jou voertuig daarvoor ingerig is, anders stel ons voor jy bly noord van Sabie vir 8 km op die R532 tot waar jy regs afdraai na die Klipkraalp­as wat deur die Blyderivie­rvallei kronkel. Ry óór die R535streek­pad en volg die Laeveldroe­te deur die Blydepoort­ravyn tot aan sy bokant naby Green Valley. Van hier af is dit net ’n entjie tot op Hoedspruit en Phalaborwa waar jy kan oornag vóór jy die Krugerwild­tuin vroeg die volgende oggend invaar. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa