Weg! Ry & Sleep

Twee-in-een

-

DUBBELE WORSROLLE MET TAMATIESMO­OR

Hierdie hotdogs is perfek vir die skottelska­ar as jy jou padkos op pad wil maak. (genoeg vir 4)

8 gerookte worsies

16 spekrepe

4 hotdog-rolletjies botter om te smeer olyfolie om te braai

1 eetlepel tamatiekon­fyt (opsioneel)

VIR DIE SMOOR

1 groot ui, in dun skyfies gesny 2 eetlepels olyfolie

2 tamaties, grofgekap

’n skeut sriracha (of gebruik jou gunsteling­brandsous) ’n knippie suiker

’n skeutjie water (of bier)

1 Draai twee worsies op ’n slag met twee repe spek aan mekaar vas en steek dit met peuselstok­kies vas.

2 Sny die rolletjies oop, smeer botter aan en braai die gesnyde kante eerste in die pan (of op jou skottelska­ar) tot liggies gerooster. Hou dit eenkant.

3 Gooi ’n skeutjie olie in die pan en braai dan die spekworsie­s rustig tot dit oraloor mooi goudbruin is. Roer die konfyt by vir ’n laaste bietjie glans en sit die worsies op die geskroeide rolletjies – onthou om die peuselstok­kies uit te trek.

4 Maak die smoor deur die ui in die olie te braai tot dit ’n kleurtjie begin kry. Roer die tamatie, sriracha en suiker by en braai dit tot die smoor dik genoeg is volgens jou smaak. Verdun die sous met ’n skeutjie water (of bier). Proe en geur dit met sout en peper voordat jy dit op jou broodjies skep.

Verander die broodjies in ontbytkos met ’n gebraaide eier of twee – hoekom nie? Die skottelska­ar is mos warm en reg vir braai! >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa