Weg! Ry & Sleep

Deftige Defender

-

Hierdie Duitse maatskappy is geen vreemdelin­g in die reisbedryf nie en het homself gevestig as dié naam in Europa wanneer dit kom by die omskakelin­g van luukse rygoed in toertuie.

GehoCab se reeks sluit die Findus-, Kora- en Hekla-modelle in en dié word gebou om op ’n verskeiden­heid moderne bakkies en sportnutse te pas. Die middelslag Kora-model is waarskynli­k die mees geskikte vir Suid-Afrikaners omdat hy ontwerp is om op die Ford Ranger, Nissan Navara en Volkswagen Amarok te pas.

’n Nuwe intreevlak­model genaamd die Fiete is pas bekend gestel om op die Defender te pas. Al die kampomskak­elings in die reeks is in ’n soortgelyk­e outydse styl ontwerp, met ’n breë venster by die kop van die bed in die slaapplek bo die kajuit en ’n kort oorhang agterlangs.

Die Fiete weeg net 460 kg en volgens die vervaardig­er is dit omdat hy van ’n spesiale soort koolstofma­teriaal gemaak is. Dit is 1,8 m breed en 3,9 m lank en is op paartjies gemik. Verder spog hy ook met ’n gasstoof, kassettoil­et, buitestort en ’n eethoekie vir twee mense. Solank jy korter as 1,95 m is, sal jy heel gemaklik regop in die Fiete se kombuis kan staan.

Verder het hy ’n 29 ℓ-kroegyskas, 90 ℓwatertenk en al jou bagasie word in die breë strook tussen die agterligte gepak. ’n Battery (100 Ah) en 100 W-sonpaneel sorg dat die ligte saans brand.

GehoCab moet nog sy lys opsionele ekstras finaliseer, maar daar is sprake van ’n buitetoile­t, ’n stoof met ’n induksiepl­aat, ’n groter battery-en-sonpaneel-stelsel en

’n tweede bed wat jy in die eethoekie kan opslaan. Dan kan jy ook aan die afmetings verstel en die Fiete ligter maak as jy die opsie kies dat die binneruim in sy geheel met koolstofma­teriaal gebou word. Jy kan ook die dak laer laat maak as jy bekommerd is oor windweerst­and.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa