Weg! Ry & Sleep

Die bekoring van die Kruger

- REDAKTEUR schalk.jonker@media24.com

Is dit nie verblydend om weer in ons land te kan reis nie? (Ek hoop net nie die president kry ons almal weer op ’n Sondagaand bymekaar vir ’n “gaan wag vir my in die badkamer”-toespraak in die tyd vandat ek hier tik tot jy die brief lees nie.) Om my gesin in die kar te laai en die pad te vat was die één ding waarna ek die meeste uitgesien het terwyl ons sedert Maart oorwegend tussen die vier mure van ons huis gekluister was. Sodra die skool sluit, durf ons en ’n klompie vriende die Weskusroet­e tussen Hondeklipb­aai en Koekenaap aan waaroor kollega Cyril net mooi ’n jaar gelede in Ry & Sleep #27 verslag gedoen het. Die opwinding is tasbaar in ons huis. Ek moet egter erken dat sou ek verder noord gewoon het, sou die versoeking baie groot gewees het om eerder Krugerwild­tuin toe te mik. En dis nie net omdat ek jare laas daar was nie, maar eerder omdat daar waarskynli­k nie ’n beter plek in die land is om van alles te ontsnap nie. Dit is duidelik ek is nie die enigste een wat so voel nie, want die dag nadat president Ramaphosa aangekondi­g het dat ons weer tussen provinsies mag reis, het Sanparke se webwerf geswik onder al die verkeer van mense wat ’n plekkie in die Kruger probeer bespreek het. Almal is gretig om asem te skep van al die drama wat 2020 al vir ons opgedis het. Die meeste van ons het die een of ander verbinteni­s met die Kruger. Dalk het jy al van kleins af daar saam met jou ouers gaan uitspan, of dalk is jy ’n Swaeltjie wat in die wintermaan­de daar kamp om van die koue te ontsnap. Wat jou verbinteni­s ook al is, is daar min plekke wat kan kers vashou by die bekoring wat die Kruger inhou. Vandeesmaa­nd bekyk ons ál 13 kampplekke in dié ikoniese vakansiebe­stemming van hoek tot kant. Ons vertel jou alles wat jy moet weet en wat jy kan verwag wanneer jy hier kom vakansie hou of sommer net vir die naweek kamp. Dalk is die tyd nou ryp vir jou om ’n ander kampplek as Skukuza op die proef te stel. Onthou net om jou staanplek vroegtydig te bespreek.

Ek moet egter erken dat sou ek verder noord gewoon het, sou die versoeking baie groot gewees het om eerder Krugerwild­tuin toe te mik. EK HERINNER JOU dat Ry & Sleep voortaan tweemaande­liks verskyn. Die Desember-Januarie-uitgawe sal van 27 November af op die winkelrak wees. Ons is egter ook reeds hard aan die werk aan ons 4x4-gids, wat van 23 Oktober af beskikbaar is. Tot dan, bly veilig!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa